3 vas wat hulle as Valke voordoen, bekende sakeman probeer afpers

Argieffoto

Drie verdagtes is tydens ʼn geheime operasie in hegtenis geneem nadat hulle hul voorgedoen het as ondersoekbeamptes van die Valke.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, het gesê die verdagtes, tussen 33 en 51 jaar oud, is Woensdag by hul wegkruipplek in Midrand, net buite Johannesburg, deur die Valke se ernstige ondersoekeenheid in hegtenis geneem.

Mulaudzi het gesê een van die verdagtes het hom as ʼn generaal-majoor voorgedoen.

Die prioriteitsmisdaaddirektoraat (DPCI) het volgens Mulaudzi onlangs ʼn klagte van ʼn prominente sakeman ontvang oor ʼn persoon wat hom voordoen as ʼn majoor-generaal van die Valke en geld gevra het om ʼn saak waarin die sakeman glo geïmpliseer word, te laat verdwyn.

“ʼn Ondersoek is onmiddellik van stapel gestuur en daar is vasgestel dat daar nie so ʼn majoor-generaal binne die Valke is nie. Woensdag is die drie verdagtes in ʼn polisielokval gelei en onmiddellik in hegtenis geneem.”

Daar is ook beslag gelê op verskeie items.

Lt.genl. Godfrey Lebeya, hoof van die DPCI, het gesê hulle is van mening daar is ʼn sindikaat wat hulle as Valke-beamptes voordoen. Hulle nader hooggeplaastes in die regering en sakesektor, en vra geld in ruil daarvoor om beweerde sake teen die betrokkenes te laat verdwyn.

Die verdagtes sal na verwagting Vrydag in die Alexandra-landdroshof verskyn op aanklag van korrupsie en afpersing.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Afrikaner ·

Nou kan die Polisie hulle permanent aanstel. Hulle ken klaar die werk

DieWaarheid ·

Die ou het geweet al sy bribes is dan betaal, hoe sou die storie nou uitkom? Is die valke ook gebribe?

Nettie ·

Looi hulle!!!

Dit wil my voorkom asof die wiel beginne draai vir sekere mense, sekere instansies ……….

Pieter ·

As jy wakker en skerp is , mens kry nie n rang met generaal – majoor nie , maar jy kry n majoor en n generaal .

Karolis ·

Pieter, besluit jy maar self of jy wakker en skerp is.
Generaal Majoor bestaan wel.

Cherokee ·

Van wakker en skerp gepraat Pieter, Generaal Majoor ìs wel ‘n bestaande rang. Jý moet dit na hièrdie een oorweeg om van titel te verander, want dit gaan onthou word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.