3 vasgetrek met gesteelde bees in motor

Argieffoto

Drie mense is vandeesweek vasgetrek vir veediefstal nadat polisie ʼn verdagte motor gewaar het en besluit het om dit te ondersoek.

Kapt. Nqobile Gwala, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie in die Glebelands-omgewing in KwaZulu-Natal was Donderdag omstreeks 05:30 besig om die omgewing te patrolleer toe hulle ʼn Mazda-motor met drie mans daarin gewaar het. Die motor het stadig in Prince Mcwayizeni-weg beweeg.

“Die voertuig het gelyk of dit ʼn ongewone swaar vrag vervoer aangesien die agterkant van die voertuig amper aan die grond geraak het. Dít was vreemd aangesien daar slegs een mens agter in die voertuig was,” het Gwala gesê.

Die beamptes het volgens Gwala besluit om die voertuig af te trek en die mans te ondervra. “Toe hulle die motor deursoek het hulle gesien die agterste passasier sit bo-op ʼn geslagte bees. Die bees was opgekap met sy kop, bene en lyf oor die agterste sitplek uitgesprei en sy binnegoed wat uithang,” het Gwala gesê.

Die mans het erken dat hulle die bees die vorige aand in Ixopo gesteel en geslag het.

Die mans, tussen 31 en 39 jaar oud, sal volgende week in die Umlazi-landdroshof verskyn op aanklag van veediefstal en die besit van gesteelde goedere.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Muffin ·

Ek wonde net hoe die arme dier gely het tydens die doodmaak proses.

Wonder ook ·

Wat volgende? Geen ander “vermaak” nodig in hierdie land – oorgenoeg amateur akteurs in aksie. Net jammer die tragiek oorskrei die komedie.

Anoniem ·

Shaim, arme dier. Weereens ‘n bewys van wat die stygende pryse tot gevolg het…

Buda ·

Natuurlik het dit met stygende pryse te doen. Jy moet bietjie self gaan vleis Koop Adriaan!

Elsabe ·

Anoniem ek stem. Stygende pryse, swak ekonomie alles dra by tot misdaad. Die mense kry swaar. Let wel ek praat dit nie goed nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.