3 verdagtes dood, 3 vas ná hulle op polisie losbrand

Argieffoto Foto: SAPD, Facebook

Argieffoto: SAPD

Drie verdagtes is Saterdagaand in Loskop doodgeskiet nadat hulle op polisie losgebrand het.

Kapt. Nqobile Gwala, woordvoerder van die polisie, het gesê polisie was Saterdagaand besig om inligting oor bedrywigheid in ’n huis in die Ngonyameni-omgewing op te volg.

“Toe die polisie die huis binnegaan het gewapende verdagtes op hulle losgebrand. Die polisie het teruggeskiet en drie verdagtes is in die proses dood en nog drie is op die toneel in hegtenis geneem,” het Gwala gesê.

Volgens Gwala is ʼn polisiebeampte in albei bene gewond en na ʼn hospitaal geneem vir behandeling.

Daar is beslag gelê op vier ongelisensieerde vuurwapens, ammunisie en koeëlvaste baadjies.

“Een van die verdagtes wat doodgeskiet is, is gesoek vir ʼn moord vroeër vandeesmaand in Loskop. Die polisie het verlede week by dieselfde huis vier verdagtes in besit van ongelisensieerde vuurwapens in hegtenis geneem,” het Gwala gesê.

Die vuurwapens waarop beslag gelê is, sal vir ballistiese toetse gestuur word om vas te stel of dit tydens die pleeg van enige ander misdade gebruik is.

Sake van moord, poging tot moord en die besit van onwettige vuurwapens en ammunisie is aanhangig gemaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Anoniem ·

Well done aan die SAPD! Daardie huis klink na die spreekwooedelike rowersnes. Mag die Here gee dat die gewonde polisieman ten volle herstel.

Leahim ·

Gee die ouens maar die eer wat hulle toekom goeie werk hou net vol met die goeie werk.

Nico ·

Dankie daar is nog goeie opgeleide beamptes dankie vir die goeie werk ons dink aan julle en bid vir julle veilidheid elke dag maak nie saak wat se kleur julle is nie ek sal saam slagveld toe gaan met julle.

JC ·

Springbokboud volgestop met spek smaak voorste bos toe!/ fietskerneels!/ daar’s water!!

De Villiers ·

Goed gedoen SAPD! Dis net nog ‘n bewys in watse gevaarlike omstandighede die polisie hulself daagliks inlaat. Die verdagtes was binne die huis en voorbereid om aan te val terwyl die polisielede by die deur moes ingaan, in die spreekwoordelike leeu se bek. Dis ‘n wonderwerk dat geen polisielid dood is nie. Ons is dankbaar dat die Here se beskermende hand oor hulle was.

Chris Ws ·

Knap gedaan SAPD!Dit is hoog tyd dat kriminele kry wat hulle toe kom.Howe help niks.

Well done ·

Well done well done, dit is ongelooflik goeie nuus. Goeie werk

Theresa ·

Dankie dapper polisiemanne!! Nog ‘n paar misbaksels minder wat die land ontsier met hul dade. Daardie huis klink na ‘n hool waar misdadigers tuis voel? Wie is die eienaar en waarom word daar kort-kort misdadigers daar gehuisves?

Dafer ·

Mooi man. Gaan maak elke week ‘n draai by daai huis en maak skoon!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.