3 verdagtes en polisieman sterf in Pta-skietgeveg

'n Foto van die toneel. Foto: Verskaf

‘n Foto van die toneel. Foto: Verskaf

Drie verdagtes en ʼn polisiebeampte is Woensdag in die vroeë oggendure op die N4-snelweg, oos van Pretoria, in ʼn skietgeveg dood.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, het aan Maroela Media gesê die voorval het omstreeks 01:45 naby die Diamond Hill-tolhek, net ná die Rayton/Cullinan-afrit, plaasgevind.

“Beamptes van die Silverton-blitspatrollie het tydens roetinepatrollie ʼn verdagte motor op die snelweg opgemerk en van die pad af getrek,” het Mulaudzi gesê. “Toe die beamptes naderstap, het die vyf insittendes skielik op hulle losgebrand en een van die beamptes, konst. Max Lekalakala (32), doodgeskiet.”

Die polisie het teruggeskiet en twee verdagtes noodlottig gewond. Een verdagte is gewond en is by die hospitaal dood verklaar. Nog ʼn verdagte is kritiek gewond en onder polisiebewaking in ʼn hospitaal.

Die vyfde verdagte kon daarin slaag om te ontsnap en is later deur die honde-eenheid in die veld opgespoor en in hegtenis geneem. Hy sal Vrydag in die Bronkhorstspruit-landdroshof verskyn op aanklagte van moord, poging tot moord en die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie.

Die polisie het beslag gelê op drie ongelisensieerde vuurwapens met ammunisie, sewe selfone en ʼn tabletrekenaar.

Die Valke lei die ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

DPJ ·

Die SAPD verdien ‘n pluim vir hulle optrede.
Jammer vir die een beampte wat ook in die skietvoorval ook gedood is.

Hartseer dankbaar ·

Konstabel Max oor jou is ons hartseer, ek dink jy sou trots wees om te weet hoeveel van die skelms dood is. Baie geluk aan die Polisie met hierdie fantastiese polisiering, jul gee hoop.

Christo Pienaar ·

Ek is gisteroggend net na 06:00 by die toneel verby. Die Maputo na Pta /Jhb is die deurgangsroetes vir die smokkel van dwelms, onwettige wapens ens. Tree die polisie volgens sekere mense te hardhandig op om soos bv.vuurwapens op verdagtes te rig beland hulle in die hof. Doen hulle dit nie beland hulle in die lykshuis. Vanaand is daar ‘n familie in rou – omdat hy sy plig gedoen het.

Michael ·

Baie jammer oor die polisieman,baie bly dat daar nou ‘n paar misdadigers minder is in Pretoria

Elinette ·

Ai Dee – ‘n verdagte voertuig lyk niks anders as enige ander voertuig nie. Dit het ook ‘n bakwerk, ligte, binne-afwerking, enjin en wiele, maar is ‘verdag’ omdat dit dalk op ‘n vreemde plek, op ‘n vreemde tyd waargeneem word of bestuur word (dalk té stadig, staande of té vinnig). Die term “verdagte” verwys nie altyd na mense nie.

@Chris, ja, die polisie het dalk nie met soveel waaksaamheid opgetree soos hulle dalk moes nie en een van hul kollegas het (ongelukkig) met sy lewe daarvoor geboet. Oor die ‘wanna-be rowers’ gee ek nie om nie; ek is net spyt hulle is nie almal vrekgeskiet nie. Ek dink ‘n mens kan regtig net wonder oor die kwaliteit opleiding wat ons SAPD beamptes vandag ontvang, maar aan die anderkant, al word ‘n mens HOE goed opgelei en daardie kennis word nie in die veld toegepas nie, is daardie opleiding ook maar daarnatoe!

Dankie aan Kst. Max wat sy lewe vir sy land afgelê het, RIV. Meegevoel aan sy familie en vriende.

Soo gesê ·

….Stem saam, net jammer vir die een polisieman, hy het darem dapper geveg

tamboti ·

Jammer oor Max wat dood is, ook jammer oor twee verdagtes wat nog leef.

Hennie ·

Aan die een kant verkoop polisie wapens wat terug gehandig is, later word hulle kollegas daarmee doodgeskiet. Ons noem dit “Samewerking”.

schalk ·

Absoluut waar wat jy se Hennie. Dit is net jammer dat lede soos die oorledene met sy lewe moes boet vir korruptes. Ek maak elke dag die Maroela blad oop met die hoop om meer sulke berigte te lees, bedoelend die rowers.

Pieter ·

Dee wakker lede ken verdagte voertuie uit. Jammer van die lid wat gesterf het.

Chris H ·

As dit n verdagte motor was, hoekom toe doe polisie beamtes die voertuig gestop het genader sonder om die situasie veilig te maak, veral as dit donker is.
Is die polisie nie veronderstel om by hul eie voertuig te wag, die verdagtes uit die voertuig te roep hande in die lug en dan hul op hul maag weg van die voertuig af te lê nie? Onthou die was n verdagte voertuig!
Ek sien elke dag as iemand afgetrek word dan stap die polisie beampte so om sy gemak net na n voertuig toe. As daar iemand in die voertuig is wat nie gevang wil word nie, sal daardie beamptr nie weer na ssy voertuug terug stap nie!
Hoe goed word die polisie beamptes vandag opgely?

Henk Maree ·

As jy nie die regte inligting het nie moet eerder nie n opinie lig nie.

CHRISTA ·

Elke keer wanneer die polisie so suksesvol met misdadigers afreken moet hulle ‘n BONUS kry! ‘n Bonus gaan ons in elk geval minder belasting kos as gratis verblyf en mediese dienste aan moordenaars, rowers en ander misdadigers!!!

M ·

Die voorval het plaasgevind tussen Balmoral en Bossemanskraal afrit. Rigting Pta.

niel ·

Dankie Max. Net jammer dit jou lewe gekos om ons te beskerm. Ons is baie dankbaar vir wat jy gedoen het

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.