3 vroue en man vas ná hulle glo 2 doodslaan

Foto: SAPD/Facebook

Vier mense sal na verwagting Maandag in die Athlone-landdroshof in die Wes-Kaap verskyn in verband met die moord op twee vermeende rowers.

Konst. Zak Marais, woordvoerder van die polisie, het gesê die vier verdagtes, drie vroue en ʼn man, is in hegtenis geneem in verband met die voorval vroeër die maand. Die verdagtes word daarvan beskuldig dat hulle twee vermeende rowers aangerand het.

Die twee mans is ná die voorval na ʼn hospitaal gehaas waar hulle aan hul beserings beswyk het. Volgens Marais is die twee slagoffers, onderskeidelik 20 en 21 jaar oud, deur die gemeenskap daarvan beskuldig dat hulle verskeie rooftogte in die Browns Farm-gebied uitgevoer het.

Volgens Marais sal die verdagtes, onderskeidelik 34, 43, 45 en 52 jaar oud, in die hof verskyn op aanklagte van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Hennie ·

Die polisie wat nagelaat het om hierdie mense te vang, moet saam met die drie in hegtenis geneem word. Polisie lede doen dikwels niks omdat hulle bang is hulle skoen gaan vuilword, en sulke nietige verskonings.

John ·

Alhoewel ek geensins mob justice goedkeur nie, moet ek bysê dat hierdie mense geteister word deur rowers en verkragters en daar kom nooit iets van nie. Hulle kla en kla, en as hulle sake by die polisiestasie gaan aangee, word hulle geignoreer, of uitgelag, of sommer aangerand as hulle nie pasop nie. Mense in SA is oor die algemeen MOEG vir misdaad wat nie vasgevat word nie, oor kleurgrense heen voer misdaad hoogty, en mense voel magteloos en moedeloos, en daar is niks so gevaarlik soos ‘n groep mense wat so voel nie.

Chris Ws ·

Die polisie se versuim om op klagtes te reageer moet hier die skuld kry.Ek hoop van harte hulle kry ‘n top advokaat wat die staat uitmekaar skeur in die hof.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.