30 000 sê nee vir NGV

Argieffoto (Foto: DarkoStojanovic, Pixabay)

Die Instituut vir Rasseverhoudinge (IRV) het Vrydag die name van 30 000 Suid-Afrikaners by die parlement ingedien as deel van sy veldtog teen die Nasionale Gesondheidsversekering (NGV).

Die 30 000 mense is almal gekant teen die voorgestelde NGV in sy huidige vorm en ondersteun die IRV se alternatiewe voorstel om Suid-Afrika se gesondheidsorgkrisis te probeer oplos.

Marius Roodt, veldtogbestuurder van die IRV, het gesê die NGV in sy huidige formaat is onbekostigbaar en sal tot ʼn uittog van gesondheidsorgwerkers lei, wat sal beteken dat daar selfs minder gesondheidsorg vir alle Suid-Afrikaners is.

“Ons sal op ʼn gereelde basis na die parlement kom tot en met 11 Oktober om Suid-Afrikaners se teenstand teen die NGV te opper. Ons wil vir politici wys hoe min vertroue die publiek in die regering se vermoë het om kwaliteit gesondheidsorg vir alle Suid-Afrikaners te bied.”

Die IRV se voorstel is vir verhoogde vennootskappe tussen die private en openbare gesondheidsorgstelsels. Kaderontplooiing moet beëindig word en daar moet streng verantwoordbaarheid vir swak prestasie wees.

“Die IRV vra ook vir meer toegang tot private gesondheidsorg deur laekoste mediese skemas en primêre gesondheidsversekering toe te laat. Dit moet ook oorweeg word om werkende mense te verplig om aan ʼn mediese skema te behoort.

“Dit sal help om die risiko vir private versekeraars te versprei, en mense met ʼn laer inkomste kan deur hul werkgewers gesubsidieer word, wat op hul beurt belastingverligting sou kry. Die gebruik van koepons moet ook oorweeg word.”

Roodt het gesê die IRV sal ook ʼn voorlegging oor die NGV aan die parlement doen voor 11 Oktober.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

39 Kommentare

jongste oudste gewildste
Linda Terblanche

NEE NEE NEE Dit sal n ramp vir die gesondheidstelsel wees

Linda Terblanche

NEE Dit sal n ramp vir die gesondheidstelsel

Linda Terblanche

NEE

Nel

Hoeveel petisies oor grondhervorming is nie aan die president gestuur nie, hoeveel debatte is nie in die parlement daaroor gevoer nie en wat is daarmee bereik, net mooi NIKS nie. Die ANC is op ‘n koers/missie en ek betwyfel dit sterk of hulle oop is vir oorreding.

Kootjie

Die ANC wil baie gou ‘n komunistiese regering op die been bring…… en ons moet hand en tand daarteen veg!! Keer moet ons hulle!! Op enige manier moontlik!!