30 000 sê reeds ‘nee’ vir Eskom-prysverhoging

(Argieffoto: Unsplash)

Die DA se petisie teen Eskom se aansoek om die land se kragtarief met 20,5% te verhoog, is binne vyf dae deur meer as 30 000 mense onderteken.

Die kragvoorsiener vra in sy aansoek aan die nasionale energiereguleerder (Nersa) dat ʼn 20,5%-verhoging vir die 2022‑’23-boekjaar ingestel moet word. Maroela Media het vroeër berig dat verskeie organisasies en partye egter teen dié “buitensporige” verhoging geskop het.

“Die DA verwerp Eskom se pogings om die prys van elektrisiteit te verhoog in ’n tyd waar lewenskoste in Suid-Afrika toeneem.

“Die koste van kos, verblyf en vervoer styg steeds en ’n kragtariefverhoging sal net bydra tot die finansiële nood wat veral arm huishoudings in die gesig staar,” sê Kevin Mileham, die DA se woordvoerder oor minerale hulpbronne en energie.

Mileham meen die oorweldigende reaksie op die party se petisie beklemtoon hoe “gevoelloos” Eskom se aansoek werklik is.

“Eskom kan skaars die ligte aanhou. Om nou van Suid-Afrikaners te verwag om meer geld vir ’n onbetroubare diens te betaal is heeltemal uit voeling.”

Die Vryheidsfront Plus het ook aangedui dat hy die verhoging teenstaan en het, soos die DA, ʼn skrywe aan Eskom se uitvoerende hoof, André de Ruyter, gerig.

Randall Williams, Tshwane se uitvoerende burgemeester, het vroeër gesê die voorgestelde verhoging is uitbuiting wat ʼn nadelige impak op inwoners en ekonomiese volhoubaarheid sal hê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

krodedil ·

Almal dink mos Andre du Ruyter is die antwoord op Eskom se probleme. Dink weer.

Yolandie ·

Krokodil verkies jy ‘n BEE kandikaat wat onbevoeg is om aan die stuur te wees by Eskom. Andre de Ruyter doen ‘n goeie werk daar by Eskom, onthou net hy het ‘n dooie donkie geerf wat reeds in die grond in bestuur het. En ongelukkig word jare se wanbestuur nie in een dag reggestel nie.

krodedil ·

Yolandi ek neem aan jy is bereid om 30% verhoging in kragtariewe te betaal. De Ruiyter kan eerder poog om munisipatileite wat Soweto, Katlehong, Selosesha en 1000 ander nie-betalende plekke se agterstallige gelde in te vorder. Nou word die “Willing Payer”verder uitgebuit met mal buitensporige tariewe omdat iemand anders se agterstallige skuld misgekyk word.

Pieter ·

Wie sal nie nee se nie… Oe wag ek weet, die wat nie betaal nie hoef mos nie te worry nie…

Misky ·

Dit raak nou belaglik!!!! Sny die af wat nie betaal nie en hoekom moet ons werkende handjievol vir die agterblewenes betaal. Hoeveel van Soweto se agterstallige biljoene is al terug betaal? Begin daar invorder.

efjy ·

Kan dit nie beter stel nie. Dis die hele probleem. Hoe verder die prys styg, hoe minder gaan betaal.

Kokerboom ·

Die onwettige kragverbruikers het NIE ‘n saak nie..al verhoog tariewe 100%!

Marius ·

Prysverhoging vir die mense wat wel krag betaal is nie die oplossing nie. Om die klomp rug reiers wat nie betaal vir krag nie te kry om te betaal is die oplossing.

Samuel ·

Prysverhogings is belaglik. Dit is wat ons geërf het van vorige ANC kaders.

Tienie ·

0,05% van SA se INWONERS het NEE gesê.

Ek gee jou 3 raaie wat gaan gebeur.

AGV die anc se wanbestuur word ALLE energiebronne meer en meer belas om selfs hul eie mense verder te verarm.

“Hulle” kan maar net nie eenvoudig enige iets suksesvol doen nie BEHALWE misdaad.

Crime do pay for some……

Witwax ·

Dit loop die selfde pad as die SAID, 60 miljoen mense in SA
en net 3 miljoen betaal belasting.

Louise ·

Ja ek stem saam, Eskom kan nie eers die krag aanhou maar hulle wil dit verhoog! Brandstof gaan op, kos gaan op, om te lewe is elke dag ń stryd. Vleispryse is die hoogtes in, fishpaste is van die mark af, al die lekker goed is weg; sweeto, Choclate log, Chomp, Kreols chips, Nibblesticks, ai ek weet nie meer…….

krodedil ·

Stem saam met die gebruiker wat sukkel om kop bo water te hou op die eerlike manier. Die tyd is naby dat almal maar gratis krag moet geniet want Mandela het dit mos belowe saam met gratis huise en yskaste.

Philip ·

Jare terug is Eskom goed opgeleide personeel deur sommige kollegas met n wortel voor die neus in die vorm van pakket aangeraai om af te tree en sodoende spasie te skep vir wat ons vandag beleef. Die tydperk van wat sommige politiek genoem het met sy rugstekery en al het nou in vandag se tyd lelik geboemerang en daarom staan Eskom vandag met die hoed in die hand.

Andrew ·

probleem is al die geld is weg, en Eskom word baie geskuld agv die skade wat aangerig sal word as hulle krag af sit. Hulle kort daai geld om hulle krag stasies instant te hou want die goed val uitmekaar en Eskom se werkers moet verhogings kry ens,ens,ens. Op die ou end gaan daar net meer en meer beurkrag wees namate die ou kragstasies nie meer die mas opkom nie. So bietjie van n double sided sword, wat net opgelos kan word as meer alternatiewe krag voorsieners die mark mag betree.

H.A. ·

Maar net meer as 30 duisend, ek sal verwag het dat teminste n miljoen sal daarteen wees. Sit maar die krag op met 50%, dalk sal daar n miljoen mense wees wat kan slange vang.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.