30 000 wapens vernietig

Argieffoto

Die polisie gaan Woensdag meer as 30 000 vuurwapens in Vereeniging, Gauteng, vernietig.

Dié wapens is óf deur die polisie in beslag geneem óf aan die polisie oorhandig.

Genl. Khehla John Sitole, nasionale polisiekommissaris, het in ʼn verklaring gesê die polisie het intussen weer op ’n groot aantal vuurwapens beslag gelê sedert die polisie vuurwapens van dié aard in Oktober verlede jaar vernietig het. Die polisie se stoorplek is in dié stadium beperk.

“Die polisie sal voortgaan om die verspreiding van onwettige vuurwapens en ammunisie te bekamp aangesien dit die veiligheid van landsburgers bedreig,” lui die verklaring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Karolis ·

Genl. kyk tog of daar nie .22 Savage magasyne by die lot is nie. Ek soek asseblief.

Cherokee ·

Krokodil, as daar ‘n like knoppie was, het jy dit gescore.

Karolis ·

Dankie K/B, ek het lankal terug probeer. Niks word van Amerika ingevoer nie was die antwoord.

Anoniem ·

Ek is al lank op soek na ‘n 25/20 Savage magasyn, maar niks in SA te vinde nie. Invoer is die enigste oplossing.

Thinus ·

Vernietig? Ja right, hoeveel van die onwettige wapens is intussen reeds aan kriminele verkoop? Sorry Genl. ons vertrou julle ongelukkig glad nie want die polisie is deurtek met kriminele.

Donderstorm ·

Die meerderheid was seker wetsgehoorsame burgers wat te laat hul vuurwapen liksensies hernie het hoeveel was werklik onwetige vuurwapens gewees?

madels ·

Dit moet OP VIDEO gewys word dat daai wapens vernietig word, anders VERDWYN dit in die hande van diegene wat se BLF en EFF…

Danien ·

Ja vertel vir al die skelms daar buite hoeveel wapens op een slag bymekaar gaan wees!

GM ·

Die opskrif is misleidend, die wapens is nog nie vernietig nie.

Die Generaal is verkeerd, dis nie die wapens wat veiligheid bedreig nie, dis die kriminele wat die wapens hanteer wat landsburgers se veiligheid bedreig. Kriminele gaan nie afgeskrik word as hul gratis verblyf, kos, vermaak, water, krag, ens. in die tronke kry nie. Dis soos om vir ‘n kind lekkergoed te gee elke keer as hy/sy stout was – ‘negative reinforcement’.

Willem ·

Aag en ons moet dit glo, wanneer gaan die regering besef ons is nie so dom soos hulle dink ons is.

JG ·

En so word die Afrikaner ontwapen want hy glo alles wat cANCer aan hom opdis…

wonder maar net ·

Ek wonder nou net hoeveel van daardie 30 000 vuurwapens is wel venietig en nie onder die tafel na nog ‘n krimineel toe aangegee nie….?

Elna ·

Dis nes jy daar sê en dis presies hoe dit is ook. Dit word nie vernietig nie maar aan die krimineel gegee of verkoop om misdaad mee te pleeg

Ronald ·

Ja sies tog nes hulle is, die kant vat hulle en daardie kant verkoop hulle. Hulle net so skelm soos die daar buite

willem Botha ·

Onthou vir Kolonel Prinsloo wat die wapens glo vernietig het en toe eindig dit op by die bendes in die wes kaap kan nie polisie vertrou nie.

Japie ·

Baie van die wapens het al by die polisie weg geraak. Baie word deur weduwees in gegee wie se kinders oorsee werk. Ek is n boer en n jagter en n wapen liefhebber. Ek moet my mense ka n beskerm. Mense moet liewer hulle wapens deur kundiges laat waardeer soos n wapenwinkel. Baie historiese goeie duur wapens is so vir ewig verlore. Ek sien dit as wapenmoord. Moenie ontslae raak van wapens onnodig nie. Kry kundige advies.

Landi Maree ·

Daar is Geen bewyse n volgende maand kom daai geweer te voirskyn by n moord saak

Es ·

Waarom gee wettige wapen eienaar of erfgename wapens in. Nee Moetnie! Ons word ontwapen en Meer wapens vir elke misdadiger. Ons mkab nie in die regeri g se kraal speel en na hul pype dans nie

PJC ·

Ek dink dit is baie dom van enige persoon om vrywillig afstand te doen van sy vuurwapens.

Heksie ·

Het julle dié wapens getel wat in die sakke van die kriminele in uniform geland het voor die res gesmelt is?

jakes ·

Indien daar wel wapens gesmelt/vernietig is was dit waarskynlik nie meer as 10% daarvan nie want die ander 90% sou aan ander kriminele verkoop gewees het.

Attie.a ·

Anderdag gelees van ‘n Kolonel in die polisie wat die wapens toe gehersirkuleer het aan bendes in die Kaap. Mooi so Kolonel. My pa het my ook geleer mens mors nie.

Attie. ·

Eintlik soek ek ‘n mooi .38 spesiaal. Ag toe asseblief. Ek sak betaal.

Chris Ws ·

Ek sal eers glo dat die wapens wel vernietig is as daar beeld materiaal op TV van die smelting van die’ wapens vir almal gewys word.
Eintlik kan die polisie baie geld verdien deur wettiglik van die wapens wat wel geldige reeks nommers op het, aan wettige kopers beskibaar te stel om te koop.Daar word baie pragtige wapens vernietig wat iemand se hart kon bly maak wat so een wou he.

Anita ·

waar kry die bendes op die Kaapse vlakte die wapens? en ammunisie? wie verskaf dit? hoeveel Polisie wapens is weg? waar is dit,? daar word geen ondersoek na die bendes se toegang toe wapens gedoen nie, mense sterf elke dag, om wapens af te gee dink ek is om wapens te VERSKAF, die wet gehoorsame persoon gee wapens af en is sonder
enige beskerming, want die polisie bied geen beskerming aan ons nie. WIE GAAN BY STAAN OM TOE TE SIEN DAT DIE WAPENS WERKLIK VERNIETIG WORD?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.