Die polisie gaan Woensdag meer as 30 000 vuurwapens in Vereeniging, Gauteng, vernietig.
Dié wapens is óf deur die polisie in beslag geneem óf aan die polisie oorhandig.
Genl. Khehla John Sitole, nasionale polisiekommissaris, het in ʼn verklaring gesê die polisie het intussen weer op ’n groot aantal vuurwapens beslag gelê sedert die polisie vuurwapens van dié aard in Oktober verlede jaar vernietig het. Die polisie se stoorplek is in dié stadium beperk.
“Die polisie sal voortgaan om die verspreiding van onwettige vuurwapens en ammunisie te bekamp aangesien dit die veiligheid van landsburgers bedreig,” lui die verklaring.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
30 Kommentare
Ag ne?
Genl. kyk tog of daar nie .22 Savage magasyne by die lot is nie. Ek soek asseblief.
Vernietig? Ja right, hoeveel van die onwettige wapens is intussen reeds aan kriminele verkoop? Sorry Genl. ons vertrou julle ongelukkig glad nie want die polisie is deurtek met kriminele.
Ja vertel vir al die skelms daar buite hoeveel wapens op een slag bymekaar gaan wees!
Die opskrif is misleidend, die wapens is nog nie vernietig nie.
Die Generaal is verkeerd, dis nie die wapens wat veiligheid bedreig nie, dis die kriminele wat die wapens hanteer wat landsburgers se veiligheid bedreig. Kriminele gaan nie afgeskrik word as hul gratis verblyf, kos, vermaak, water, krag, ens. in die tronke kry nie. Dis soos om vir ‘n kind lekkergoed te gee elke keer as hy/sy stout was – ‘negative reinforcement’.