30 gesinne dakloos ná verwoestende brand

Brandbestryders spook om die brand in Kenville, Durban, te blus (1 Julie 2016) (Foto: Netcare 911)

Brandbestryders spook om die brand in Kenville, Durban, te blus (1 Julie 2016) (Foto: Netcare 911)

Minstens 30 gesinne is Vrydagaand dakloos gelaat ná hul huise in ʼn informele nedersetting in Kenville, Durban, deur ʼn brand verwoes is.

“Brandbestryders het ongeveer twee ure lank gespook om die brand te blus,” het Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, gesê. “Minstens 30 plakkershuise is afgebrand.”

Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie. Die brand het omstreeks 20:00 begin.

“Geen beserings of lewensverliese is aangemeld nie,” het Mathe bygevoeg.

Inwoners wat hierdeur geraak word, het skuiling by ʼn plaaslikegemeenskapsaal gevind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Lida ·

Dit kon voorkom gewees het as die ANC nie alles gesteel het nie. Daar behoort nie n enkele plakkers hut in SA te wees nie. Die geld vir huise was daar maar nee JZ het 90% daarvan aan homself spandeer. SKANDE!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.