30 hospitaalwerkers van KZN geskors

Argieffoto: http://www.jameschesley.com/

Argieffoto: http://www.jameschesley.com/

Die KwaZulu-Natalse departement van gesondheid het 30 werknemers geskors nadat bewerings van korrupte indiensnemingpraktyke aan die lig gekom het.

Desmond Motha, woordvoerder van die departement, het in ʼn verklaring gesê dat die 30 werknemers almal by die Mseleni-hospitaal werksaam is. Die hospitaal is in die noorde van KZN, ongeveer 60 km vanaf die Mosambiekse grens, geleë.

Volgens Motha het die departement klagtes vanuit die plaaslike gemeenskap ontvang dat die hospitaal bevooroordeeld is in die indiensneming van mense in betrekkings wat aan die gemeenskap geadverteer word. Die uitslae van ʼn voorlopige ondersoek het tot die werknemers se skorsing gelei.

“Altesaam 27 ordonnanse, ʼn wasgoedbestuurder, die bestuurder van menslike hulpbronne en die stelselbestuurder is geskors,” het Motha gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Ricki ·

Stel ook ondersoek in by die omliggende hospitale soos Manguzi, Mosvold en New Bethesda. Asook die grenspos by Manguzi. Munisipaliteite, Sassa, Binnelandse Sake en skole is net so skuldig. Mense praat nie uit vrees. Die verre Noord Natal is erg korrupt en niemand kom hier nie juis oor die afgeleë plek. Jy moet iemand ken om werk te kry. En vergeet maar as jy wit of Indiër of Bruin is. Reëls tel nie hier nie. Vroue, maak nie saak watse kleur nie, kry min tot geen geleenthede hier nie.

Jani ·

Sad to say…maar hierdie is too little too late. Dis net die tip van die ysberg.

fw ·

Dit werk in 90% so by alle staatsdiens instellings dit is waar al die probleme begin met dienslewering begrotings ens ens ens.Die Weskaap is beter vir obvious reasons.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.