30-jarige man vas vir ‘wreedste moord’

Argieffoto: Kent Williamson

ʼn 30-jarige man van Botlokwa buite Polokwane is Sondagoggend in hegtenis geneem vir die ‘wrede moord’ op ʼn ander man (32) van dié provinsie.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê daar het Saterdagaand ʼn struweling tussen die twee mans ontstaan weens “verskille wat hulle gehad het”, waarna die een man doodgeskiet is.

Ngoepe sê hoewel die oorledene ná  een skoot neergeval het, het die 30-jarige man aanhou skote afvuur. Die man se hele liggaam was vol skietwonde wat op ʼn kort-afstand afgevuur is.

“Dit was die wreedste moord wat veroorsaak het dat hy op slag dood is,” het Ngoepe gesê.

Die man is intussen as Lucky Monyemangena geïdentisifeer.

Intussen het lt.genl. Nneke Ledwaba, provinsiale kommissaris vir Polokwane, die voorval ook veroordeel.

Ledwaba het gesê voorvalle soos dié is die gevolg van mense wat vuurwapens by hulle dra in drankwinkels. Hy het gesê dit is onwettig en dat persone wat die wet oortree, sal boet.

ʼn Volledige ondersoek na die voorval duur tans voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

43 Kommentare

vermeende ·

Ek wonder nou net, die skaal wat gebruik word om die moord as die wreedste moord te wys waar sou hy plaasmoorde skaal?

Verstom ·

Regtig ek dink die mense wat dit berig moet onderskei tussen wreed en n menslike dood want om geskiet te word en opslag dood te gaan is beter as wat duisende oumense en kinders en volwassenes daagliks vir ure gemartal word en vir die dood gelos word

Janet ·

Indien jy wit is dan is dit moord. Indien jy swart is dan is dit ‘n wrede moord….

Chilli ·

Ek stem saam met jou dis meer wreed om boere op te kap en mense met tyres aan die brand te steek

martie ·

My eerste gedagte ook. As op die plek doodskiet, opslagdood die wreedste moord is, wonder ek onder watter katogorie val die vreeslike plaasmoorde.

Lola ·

Die wreedste moord. Iemand se woorde of die skrywer se opinie? Gelukkig was die ou die verkrag en sy oe uitgesteek en met ‘n strykyster gebrand en gemartel vir ure aaneen nie. Julle kan twak skryf deesdae. Die eerste skoot volgens julle het hom doodgemaak. Die ander het hy nie gevoel nie want hy was dood.

anne ·

Ja my vraag ook waar boere doogemartel word en n vrou wat met ‘n elektriese boor vir ure gemartel is wat is dan die definisie van wreed?

natashja ·

Wrede moord!!! Regtig hys doodgeskiet wat van al die oumense en kinders wat dood geterroriseer word dis vir my baie meer wreed,want kinders sien hoe ouers vermoor word,ons oumense word aangerand en gebrand en verkrag en opgesny maar nee om geskiet te word is seker maar wreder in die oe van die nuuswereld

Michael ·

Dit is nuus nooit geweet jy mag nie ‘n gelisensieerde vuurwapen in ‘n drankwinkel hê nie

kobus ·

” SA gun law ” se jy mag nie vuurwapens dra by skole, kerke, taverns, sport gronde ens.

Sannie ·

Wreedste moord en hy is doodgeskiet??? Wat van plaasmoorde, verkragtings ens waar oë uitgesteek word ledemate afgekap word, mense gebrand word, gemartel word, versmoor, te veel om genoem te word. Is dit nie wreed nie? Vogens die berig het hy geval na die eerste skoot. Wat is wreed daaraan. Hy is nie gemartel nie. Of is daar n leemte in die berig.

Rh ·

Gaan koop bietjie bloedsusters. Dis n boek wat handel oor “scene cleun ups”..
Julle sal skrik as julle lees wat daai 2 vrouens al gesien het, en dit op plase!!!!!!
Dis WREED.. Om iemand herhaaldelik te skiet is nie wreed nie, dis blerrie onmenslik

mariana ·

Het nogal onlangs gehoor van bloedsusters, moet n vreeslike werk wees

Pop ·

As jy wit is dan is moord op jou nie wreed nie, dis net ‘n illminasie proses.

willie ·

Daar is nie antwoorde wat is wreed
nie ,as ouers voor hulle kinders gemartel word deur 5 aanvallers,nie eens in n kroeg,maar in hulle privaat woning aan geval word.Ek verstaan nie die belans in nuus dekking.

Bertie ·

Stem saam Willie, glo nie eers daai ou weet hy is dood nie, om dood gemartel te word is wreed. Die opskrif is weer ‘n bewys berigewing is soms pateties.

Quintin ·

As hy wil wreed sien moet in die onglangse en argiewe van die plaas moorde gaan kyk dan sal hy sien wat is wreed!!!

Aitoggie ·

Regtig, die wreedste moord?? Toe ek die berig lees, het ek baie Meer verwag. Ons witmense word GESLAG in aanvalle, is dit nie wreeder nie?? Genade, wat nog??

Annatjie Kruger ·

Moet sê ek het ook meer verwag as ‘n skietvoorval toe ek die opskrif die eerste keer gelees het. En beslis is die meeste plaasmoorde baie wreder. En so terloop dit is nie naby-afstand nie. Maar die regte bewoording is “hy is op ‘n kort afstand geskiet”.

AL ·

Nee wat plaasmoorde is meer gedefinieer as die wreedste moorde.

Naam loos ·

As die person herhaaldelik
met N mes dood gesteek was Wat altyd die geval is of waneer die persoon se kop ver morsel is deur n voorwerp anders as n vuurwapen is dit nie weed nie .of hoe dan nou?

Maria D ·

Regtig waar!!! Dis moord maar waar kom die wreedste in soos gesien by die plaasmoorde?? Miskien moet ons bietjie fotos aanstuur sodat julle kan wakker skrik.

Reti ·

Dis nou dieselfde as groot sonde en klein sonde. Ek het ten minste verwag die moet nou regtig ‘n nuwe oorspronklike moordmetode wees. Sarkasties hoor. Nee regtig. Strykysters en ander plaasmoorde baie wreder. Demmit. ??

Gatvol ·

Opslag = Wreedste? Die ou het seker nog nie veel moorde in ons land hanteer nie!! Om is and ‘n doodskoot te gee en daarna vol gate te skiet, is hardly wreed. Hy Kan gerus bietjie gaan oolees wat in ons land aangaan en sy definisie van wreed bietjie aanpas!

Alida ·

Ngoepe jy het nog niks gesien nie. Kyk na fotos van plaasmoorde dan sien jy wreed. Jy praat boĺlie.

Belinda ·

“…. gevolge soos die van mense wat vuurwapens by hulle dra in drankwinkels…. dit is onwettig” Uhmmm toe nou nie mnr. Eerder kriminele wat ongelisensieerde vuurwapens besit en dit gebruik om te moor en roof.

Dit is nie onwettig om ‘n vuurwapen te dra nie lt.gnl.Ledwaba daar is egter vereistes waaraan voldoen moet word. Ek dink jy moet bietjie huiswerk gaan doen oor die vuurwapen wet.

Kosie ·

Ek was nog nooit geskiet nie maar ek dink dit moet nogal seer wees om herhaaldelik geskiet te word tot jy dood is. Ek meen ek was al met ‘n daisy gun geskiet en dis blerrie seer.

Katryn ·

Hy is dood met die eerste skoot en al die skote daarna kon hy nie voel nie want hy was reeds dood. Plaasmoorde daarenteen word mense gemartel en stadig doodgemaak. Dis wreed en onmenslik

Kosie ·

Wel, die berig is nie baie duidelik nie. Daar staan hy is geskiet en toe val hy (weet nie of toe al dood nie) en word toe verder geskiet. Die muti-moorde is die ergste in my opinie. Daar word jy geslag voor en na dood.

Daan Du Plessis ·

Beteken dit nou elke keer wat ek by n drankwinkel ingaan moet ek liewer my wapen in die kar los.

SARIE VAN HEERDEN ·

Dis nie die doodskiet wat wreed is nie. Dis die marteling wat voorafgegaan word wat absoluut skrikwekkend is. Jare gelede is daar 2 klein kindertjies in Waverley, Pretoria, doodgemaak en sommer so met hul boeksakkies nog op hul ruggies, in die motorhuis opgehang. Klein kindertjies. En dan moet mens sulkes MENSE noem.

Plaasboer ·

Toe ek hoofopsrif lees het ek verwag persoon is gemartel deur gate wat deur voete geboor is. Gesig geskent met warm gemartel pan. Toon en vinger nails met tang getrek. Sy geslagsdele af gesny en gebraai……. Gelos in eie bloed

lorayne ·

Ek sien ‘n paar ‘close up’ skote eintlik as ‘n genade dood as dit kom by plaas aanvalle . . . .

Wreed? ·

Ek sukkel om die wreedheid hier te sien, waars die kookwater, die tange, die brandwonde, die blou oe, gebreukde kake, gebreukde neus, sny merke? en en en?

Beets ·

Daai gebeur by uitsondering. Die wreedheid het nou onlangs baie afgeneem. Lyk my die slagoffers kry deesdae net ‘n paar klappe en word vasgebind. Soms word iemand nog geskiet maar dis mos nie eintlik wreed volgens die kommentare hier nie.

Magda ·

Nee as dit swart op swart is dan is dit ‘n wrede moord indien dit wit op swart is dan is dit rassisme.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.