30-jarige sterf in Sandton-motorfietsongeluk

Foto: Netcare 911

ʼn 30-jarige man is Saterdagmiddag omstreeks 15:00 dood in ʼn motorfietsongeluk in Sandton, Johannesburg.

Tebogo Magoro, woordvoerder van Netcare 911, het in ʼn verklaring gesê paramedici is na die toneel net voor die Woodmead R55-brug in Sandton ontbied. “Die man het egter noodlottige beserings opgedoen en is op die toneel dood verklaar.”

Magoro het gesê die omstandighede rondom die voorval is nog nie bekend nie, maar ooggetuies beweer die bestuurder het beheer verloor oor sy motorfiets, die versperring getref en is van sy fiets af geslinger. “Die motorfiets is ongeveer 400 m verder aangetref naby die Buccleuch-afrit.”

Metropolisiebeamptes was op die toneel en stel ondersoek in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Koos ·

Vir seker spoed, party fietse kan 300 kpu haal. Hoe anders eindig sy BMW-ryding 400 m verder? Lyk of die fiets een van daai miniatuur-nommerplaatjies agterop het sodat spoedkameras hom nie kan vastrap nie. Dit vertel jou hoe ernstig die ryer oor nakoming van spoedgrense was. So onnodig en hartseer. Ten minste is geen onskuldige partye beseer nie.

Speedguard ·

My Kind se kerel het Donderdag dood verongeluk op sy motorfiets, motor oor die verkeerslig (rooi) gejaag die kind is opslag dood, kom van die werk af ,nugter, geen spoed betrokke nie en die skuldigge het doodluiters weggejaag, ek weet die motorfietse met die hoe spoed en onverskillige bestuur is ‘n probleem maar moet asb nie almal onder die selfde kam skeer nie!

Johann van Cullinan ·

Dalk ‘n hart aanval en juis daarom beheer verloor.

Nici ·

Sjoe, maar mense is vinnig om te oordeel!!! Weet jy of dit spoed of drank was? Ek dink mens moet eers feite kry voor aantuigings gemaak word. Assumption is the mother of all …..

Wonder maar net ·

Ek stem saam jou Nici. Magtig. Iemand se kind, broer, en/of VRIEND is dood en al wat mense doen is oordeel! Niemand ken die feite nie. Of was julle daar?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.