30 lewenslange vonnisse vir agt verkragters

Argieffoto

Waarskuwing: Die inhoud van die berig is grafies van aard en kan sensitiewe lesers of kinders ontstel.

Die polisie en die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het in Augustus en September 2018 30 lewenslange vonnisse vir agt seksuele oortreders opgelê.

Brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, het gesê onder die skuldiges is Morena Kgabo (21) en Thulani Khumalo (20) wat swaar gestraf is vir die seksuele aanranding van twee kinders tussen 13 en 15 jaar oud by Standerton en Sakhile in 2013.

Dié twee is 30 September deur die hof vir seksuele oortredings in Secunda gevonnis. Die hof het gehoor hoe Kgabo die slagoffers van die strate af ontvoer het en na Khumalo se huis toe geneem het waar hulle die slagoffers om die beurt verkrag het.

“Kgabo is skuldig bevind aan 14 aanklagte van verkragting en gevolglik 14 lewenslange vonnisse opgelê. Hy is verder vir nog 10 jaar tronk toe gestuur vir twee aanklagte van ontvoering en een jaar vir aanranding. Khumalo is skuldig bevind aan 11 klagte van verkragting en 15 jaar tronkstraf opgelê vir elke verkragting, die vonnisse word gelyklopend uitgedien,” het Hlathi gesê.

Khumalo sal dus effektief 20 jaar in die tronk deurbring aangesien hy nog vyf jaar vir ontvoering ook opgelê is.

ʼn 21-jarige man van Kwachibikhulu wat nie geïdentifiseer mag word nie om die identiteit van sy slagoffers te beskerm aangesien hulle aan hom verwant is, is tot lewenslange tronkstraf plus 10 jaar gevonnis vir die verkragting van twee seuns, onderskeidelik nege en 13 jaar oud terwyl hulle in sy sorg was en ʼn 18-jarige vrou.

Solomon Sizwe Yende (30) is ook drie lewenslange vonnisse opgelê vir die verkragting van onderskeidelik ʼn 3-, ’n 7- en ʼn 10-jarige in Barberton. Die hof het gehoor dat hy die driejarige uit ʼn speelarea by ʼn winkel gegryp en toe in ʼn nabygeleë parkie verkrag het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Lizel ·

Is dit regtig ‘n straf om in ‘n Suid-Afrikkanse tronk aangehou te word? Ek wonder maar net….

Hannetjie ·

Solank ‘lewenslank’ regtig lewenslank is.Mens verstaan dat tronke deesdae baie voorregte aan gevangenisse verskaf.Maar tronk is tronk.En dit is tog veel beter as dat hulle ‘sagte vonnisse’ gekry het.

MS ·

Hulle se dit asof dit goeie nuus is, dat verkragters uiteindelik swaar gestraf word vir hulle oortredings. Maar hulle se niks dat dit 5 jaar neem vir verkragters om gevinnis te word nie. Hardly something to brag about. Hulle was tien teen een uit op R300 borgtog en kon verder seer maak en verkrag tot nou toe.

Nita ·

Gelyklopende strawwe is n onding. So of jy 10 mense moor of verkrag, jy dien daadwerklik net die straf uit vir een misdaad. Alte lekker!

Hanna ·

Skrikwekkend, net 20 jaar tronkstraf vir 14 verkragtings? En waar was al die oproer by die hof oor die verkragtings van die kinders. Kan nie glo wat hier gebeur nie. Hul gaan nie eers 5 jaar sit nie dan is hul weer vry om dit weer te doen

Roelof ·

Ek wonder ook Lizel , nou kan hulle heeldag sit en relax dstv tv kyk en ek en jy moet vir hom sorg .Dis n lekker lewe .

PJC ·

20 of 25 jaar in die tronk is nie genoeg vir hierdie tipe oortreders nie. Hulle behoort die res van hul lewens agter tralies te bly want hulle gaan presies dieselfde doen as hulle vrygelaat word.

Sarel ·

Lewenslank= 25 jr. Parool enige tyd van 15jr. Af. Aaneenlopende vonisse moet van die wetboek geskrap word die mense is te besig met Politiek.

wraggies ·

Geen nuus/ links oor optogte in Secunda by die hof of Barberton by die winkelsentrum gewaar nie, seker nie belangrik genoeg geag deur ANC, EFF ens ens of was die verkragters nie die regte kleur vir hulle agenda nie.

Erica ·

Hoekom het dit nie so groot opslae gemaak soos die Dros verkragter nie? Die is veel veel erger! Nie dat die Dros saak nie ook aandag moes kry maar liewe genade waar is al die opgtogte! Welgedaan aan almal wat die skurke vasgetrek en suksesvol gevonnis het.

Kwagga ·

Kind van 3 jaar oud – watter MENS kan so iets doen?! Laat dit nou gebeur met n regerings hoof se kind dan wil ek sien! Gee die MENS slaapplek en kos en n geleerdheid terwyl hy rus in die tronk.

Johan ·

Nou waar was die ANC, EFF en DA toe die misdade gepleeg was? Want net nou die dag het hul erg tekere gegaan oor die DROS storie. Hoekom nie toi toi oor die gevalle nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.