30 plaasaanvalle in Februarie; DA sê oor bekampingsplanne

Demokratiese Alliansie

Demokratiese Alliansie

Suid-Afrika benodig dringend ʼn landelike veiligheidspolisiëringstrategie en die hervestiging van landelike veiligheidseenhede om die toenemende plaasaanvalle te bekamp.

Só het Ina Cilliers, parlementslid van die Demokratiese Alliansie (DA), Saterdag tydens ʼn mediakonferensie gesê.

“Die DA is geskok oor die nuus van nóg ʼn plaasaanval wat die gemeenskap van Westonaria geruk het.”

Sy het verwys na ʼn vrou wat Vrydagmiddag aangeval en erg mishandel is tydens ʼn plaasaanval in Westonaria op Kalbasfonteinweg naby Fochville in Gauteng. Die vrou is met ʼn boor gemartel en het onderskeidelik wonde aan haar kop, polse en voete opgedoen.

Cilliers het gesê dit is skrikwekkend dat daar niks minder nie as 30 plaasaanvalle in Februarie aangemeld is.

Sy het gesê die Menseregtekommissie het al in 2014  ʼn veiligheidspolisiëringstrategie in ʼn verslag aan die regering voorgelê.

“Die Menseregtekommissie het in sy verslag onder meer voorgestel dat die regering drasties betrokke raak by veiligheidstelsels in landelike gemeenskappe. Die verslag het ʼn omvattende wyse met meer sigbare polisiëring en gespesialiseerde gemeenskapspolisiëringsforums voorgestel.”

Cilliers het ook gesê die DA sal die daad by die woord voeg en die komende week nog ʼn noodvergadering met die boerderygemeenskap, die polisie en belanghebbendes reël om die saak te bespreek en te besluit hoe die pad vorentoe lyk.

“Die DA sal nie rus alvorens die boere in Suid-Afrika beter beskerming kry nie,” het sy bygevoeg.

Die party sal na verwagting Maandag meer inligting oor die noodvergadering bekendmaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Riaan ·

Die DA en EFF slaap dan saam, hulle gaan boggorol doen aan plaasmoorde, let wel, plaasmoorde nie plaasaanvalle nie. En boonop, dis bietjie laat om nou jou stem dik te maak… Die DA se prioriteite is op ‘n ander plek, 2019

pieter ·

My vrek nou skrik die DA ook wakker na al die moorde en aanvalle.

WitBlits ·

Ag siestog hul slaap sedert 2014 toe die MRK verslag uitgereik is en noudat die VF plus se versoek vir ‘n debat toegestaan is oor plaasaanvalle wil hulle ook op die “bandwagon” spring!

Corrie Steyn ·

Stem volkome saam bring terug die kommando of vat van die witmense wat so.loop en bedel laat hulle die boere bewaak vir kos en blyplek, het my jare nie so teen my getel nie het ek as pensionaris van die boere op gepas ASSEBLIEF IEMAND STOP DIE MOORDE OP ONS BOERE!!!!

Maya Roon ·

Die herinstelling van die doodstraf moet onmiddelik ingestel word – “an eye for an eye….” ek sou teregstelling ook in the publiek wil sien geskied laat almal elke ouderdom, ras of seks kan verstaan geweld en kriminele oortreding word nie geduld nie!

catch-22 ·

Ongelukkig, Maya, gaan net die blankes ly onder so ‘n herinstelling van die doodstraf. Kyk net rond om die dubbele standaarde in die howe en parlement te sien; kan jy jou indink hoeveel onskuldige witmense sal met so ‘n reëling afgemaai word? Ons is in ‘n catch-22. En ek praat nie net oor die plaasmoorde nie.

Boerseun ·

Na hoeveel jare. DA gaan net n paar ouens in stellenbosch en die boland help met n ou optoggie of twee.

henk ·

Deur die DA se traagheid oor die plaasaanvalle het hulle baie stemme en respek verloor. Jammer stel nie meer belang in julle nie. Julle is te laat.

Flintstone ·

Ek het twee weke gelede ‘n epos aan Afriforum op hulle webwerf:”stop plaasmoorde”gestuur waarin ek verduidelik dat daar ‘n mobilisasie plan bestaan waarin hierdie sinnelose gewedsdade op plase in die kiem gesmoor kan word.Ek het steeds nog geen sweem van ‘n reaksie daarop ontvang nie.Plaasmoorde word in woord maar nie in daad veroordeel.Net soos die regering,moet seker eers een van hulle naasbestaandes deur so ‘n onbeskryflike daad getref word voordat die wiel daadwerklik aan die rol gesit word.

ekstem ·

Ek stem saam met jou, Flintstone. Ek is ook lid van beide Afriforum en Solidariteit; en wag vir lippetaal om te staak en sulke werkbare voorstelle om uitgebou te word. Daar is altyd die een of ander verskoning as hulle jou wel antwoord. Goeie voorbeeld: soos met die R250k wat saamgegooi kon word om die skynheilige ma wat haar eie kind se ontvoering georkestreer het, kan ons fondse nie gekanaliseer word om die banale moordenaars uit te rook uit hulle gate nie? Hulle sal mekaar môre ‘uitverkoop’ as daar ‘n losprys oor hulle makkers se koppe hang. En dan die res van die geld aanwend om inhegtenisname en suksesvolle skuldigbevinding (wat geensins ‘n gegewe in ons korrupte regstelsel is nie) te verseker.

Adam ·

Bietjie laat VF+ het darem al n parlementere debat aangevra en gekry DA stel net belang in stemme en nie in die daaglikse omgang van sake wat landsburgers raak nie Hulle is gou om rassisme te skreeu maar boere en ander mense wat vermoor word swyg hulle soos die graf Die doodskis sage was hulle voor in die koor en niemand is vermoor nie Koop net gesig maar hulle sal nie die regering oorneem met hulle houding nie

marlene ·

My maggies, daar kom die nuus nou by die DA ook uit. Seker met ‘n posduif gestuur, wat deur ‘n opslagkoeël getref is.

Gert ·

Nee DA, te laat. Ek sal nooit in my lewe weer vir jou stem nie dankie.
Ek het twee vrae.
1. Waar word die geld gebruik wat gesteel is op die lughawe
2. Daar is in 2015 1mil se ammunisie en wapens by n PTA polisie stasie gesteel, waar word dit gebruik?

Gert ·

Google: fears of cover up as 20000 rounds of ammo stolen in pretoria

Johanna Botha ·

Dankie tog die DA begin iets se. Dalk eerder n referendum hou oor die doodstraf …..? Moordenaars, verkragters en diewe het meer regte as die verskrikte eerlike belastingbetalets wat opgesluit in hulle eie huise agter tralies bly.

non ·

Einde van die DA in sig. Hulle is n nul op n kontrak. Geen ware leier vir ons mense nie. So n persoon moet nog gebore word. Hoop dit gebeur gou.

AJ ·

Ai tog wat probeer DA nou.Hulle hand op die blaas met anc en eff.Ons moet maar na ons self kyk.Hoop daar sal n leier op daag.Ons maar net sterk staan in die geloof.Ek het geen ander plan nie.Sterkte vir die Boere en al die Witmense hou kop en bly uit die tronk

Willie ·

Vreemd dat die DA en Carte Blanche moes wag tot die VF+ se debat in die parlement gevoer gaan word. Nou klim hulle ook op die wa om saam te sing. Pateties. Ondersteun asb. Dr Pieter Groenewald dat Dinsdag ‘n oorwinning sal wees teen hierdie uitmoor van ons witmense.

louis ·

Ek vertrou die D A glad nie. Vertrou die EFF meer, ten minste weet jy waar jy met hulle staan , maar die D A nooit

Juan viviers ·

Mense kom ons staan saam in plaas daar van om te gaan stem vir iemant wat inelkgeval niks vir ons blankes kan doen nie en net na sy eie belange kyk gaan eerder op ons knee en bid vir ons almagtige God en hemelse Vader om nog verskil te maak in ons land doen almal dit op stem dag en kyk hoe God werk moet nie julle vertrou op een mens sit nie hulle belieg en besteel ons

Juan viviers ·

Mense kom ons staan saam in plaas daar van om te gaan stem vir iemant wat inelkgeval niks vir ons blankes kan doen nie en net na sy eie belange kyk gaan eerder op ons knee en bid vir ons almagtige God en hemelse Vader om n verskil te maak in ons land doen almal dit op stem dag en kyk hoe God werk moet nie julle vertrou op een mens sit nie hulle belieg en besteel ons

Johann ·

Snaaks hoe die aanvalle begin toeneem het nadat daar in die SONA gepraat is dat grond gevat sal word sonder vergoeding. Dis ‘n strategie wat deurgevoer word

Johan. H. ·

Mense op die einde sal die da omdraaie, en saam smelt met eff en anc, Mense moet nooiet weer onkant gevang word nie kyk wat het FW en roelfie en wesselsie gedoen, Ek vertrou niemand meer nie,
Politiekuste (sogenaamd) almal dieselfde

lynni ·

Skokkend wat vanaand op Carte Blanche uitgekom het. Uit die mond van bendeleier wat in tronk is oor plaasaanvalle.

johan Naude ·

Ek dink ons moet begin dink aan ACDP Ten minste tree hulle in met gebed ..Behalwe dit moet ons meer paraat begin word ..Ek verstaan nie hoekom so baie boere val net die aanvalle ..Ongelukkig is almal op hul self aangewese ..Mense julle moet paraat wees ..ten minste begin met klein honde binne die huis . Die politieke partye gaan niks regkry nie sterkte

Tom Theron ·

Die gesegde sê: hou jou vriende na aan jou boesem en jou vyande nog nader. Die DA is nie ‘n boerevriend nie, maar ons mense moet leer om te melk waar hulle kan, al is dit van jou vyande. Dink mooi waar die DA stem van strategiese belang is en eksploiteer dit. Boere is myns insiens steeds baie naief oor veiligheid – denkwyse gaan van reaktief na proaktief moet verskuif met ‘n baie sterker klem op intelligensie. Kla help niemand, so ook nie doodstraf drome nie.

Boland ·

Hoekom gaan almal aan oor die verlies van voedsel as n boer vermoor word.Ek is ook n boer en is nie hier om net voedsel te produseer nie.Dis my reg om hier te bly.Die ANC en EFF worry nie oor voedsel nie want dit kom uit die winkel uit.

Johannes Meintjes ·

Mens moet sorgvuldig onderskei tussen politieke buikspraak en die brutale werkllikheid op grondvlak waar enkele wetsgehoorsame, belastingpligtige en hardwerkende burgers die volle brutale aanslag vauit verskillende oorde en terreine teen hulle beleef. Terwyl goeie regering op alle terreine van die nasionale samelewing altyd wenslik is, moet die burgers tans omsien na eie beveiliging en mekaar d.m.v. gevorderde GPF organisasie, struktuur en meer professionele insette t.o.v. Burgerlike Beskerming steun. (Nota: Na mening is die moderne neiging om Burgerlike Beskermingsverantwoordelikheid met ‘n polities-korrekte term soos “Rampbeheer” te vervang, onvanpas. Ek het self intensiewe rampbeheer opleiding gedoen in die destydse professionele SA Vloot. Dit sluit dinge in soos noodontruiming, nooddienste, tydelike dienste, spesiale of gevorderde noodgevalhanteringstegnieke, pesbestryding, tydelike huisvesting, tydelike kragvoorsienning, skoon water, opruiming, berading, edm.). Volgehoue moord en roof teen landsburgers verg ander gefokusde en dringende optrede van regeringsvlak, strukture, instansies, organisasies, internasionale vennote, die kerk en vanaf elke burger op grondvlak.

SARIE VAN HEERDEN ·

Mense onderskei tussen plaas en ander moorde. In die stede gebeur dieselfde maar ek weet van verskeie voorvalle wat nie eens die media bereik het nie. Moontlik is dit nie aangemeld nie maar in stede leef ons ook in vrees en angs vir wat selfs helder oordag met jou kan gebeur.

Rika van Loggerenberg ·

Ja ek weet nie hoe suksesvol die DA gaan wees nie. Hulle loop dan hand op die blaas met ander linkse partye. Uiteindelik gaan dit vir hulle net oor die massas se nood, want daarin le die stemme. As daar nou mense is wat MOET demonstreer in die strate van hierdie bloed land, dan is dit nou die boere, maar helaas moet ons die pot aan die kook hou vir kinders, volk en Vaderland! Het nie tyd om ons land te verbrand vir aandag nie. Ons sou eerder wou optree op al hierdie afbrandende swart betogings deur te gaan herstel wat hulle afbreek!!!! So uiteindelik gaan ons moet met wapens opstaan vir ons regte as ons dan moet ons werk los en iets te doen wat pynlik maar effektief is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.