30 vas oor drank, spoed aan Oos-Rand

Foto: EMPD

Die Ekurhuleni-metropolisie het van Vrydag tot Sondagoggend ʼn totaal van 30 mense vir dronkbestuur en spoedoortredings in hegtenis geneem.

Kobeli Mokheseng, woordvoerder van die Ekurhuleni-metropolisie, het gesê daar is van Vrydag 18:00 tot Saterdag 02:00 24 mans, tussen 29 en 52 jaar oud, in die Benoni-area vir dronkbestuur in hegtenis geneem.

Van Saterdag 5:00 tot 10:00 is drie mans, tussen 28 en 44 jaar oud, in Bedfordview vir spoedoortredings in hegtenis geneem. Die verdagtes het tussen 164 en 166 km/h gery en is na die Alberton-polisiestasie geneem.

Volgens Mokheseng is ʼn 47-jarige man ook Sondagoggend op die N12 in hegtenis geneem toe hy glo teen ʼn spoed van 174 km/h in sy VW Golf gery het. Hy het glo aangevoer hy is laat vir werk.

ʼn 31-jarige man is ook op die N12 in hegtenis geneem wat glo teen 198 km/h op sy motorfiets gery het. Daar was ʼn vrouepassasier op die motorfiets. Die bestuurder het glo aangevoer sy vrou verjaar en dat hy haar vir ontbyt wou neem.

ʼn Man is ook in hegtenis geneem wat teen ʼn spoed van 163 km/h gery het. Die verdagtes sal almal binnekort in die Benoni-, Palmridge- en Germiston-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Lynette ·

Spoed en/of dronkenskap verooraaak ALBEI onskuldige persone se dood. Ek hoop hulle word sommer baie SWAAR gestraf.

Piet ·

Lynette, dronk bestuur is oneindig meer gevaarlik as hoë spoed op ‘n stil hoofweg. Statistiek wys egter dat bestuurders wat teksboodskappe skryf nog gevaarliker as dronkbestuurders is. Wanneer laas het jy ge-Whatsapp terwyl jy bestuur?

Twaalfboor ·

198km/h op ñ CBR? Die ou was toe eers in 3de rat. Lekker “cruze” teen daai spoed met ñ bike.

Gemaskerde Sopbeen ·

Daai lesing moet verkeerd wees…198km/h op ‘n Honda? Seker maar ‘n BMW enjin onder daai plastiek panele……

K P ·

Ek was verlede Desember in Amanzimtoti en omtrent elke bestuurder op die pad teen die strand was onder die invloed. Hulle kan 300 n dag inhegtenis neem net in Amanzimtoti

Trojaanse Donkie ·

Die dag as die verkeerspolisie buite drinkplekke sit en wag en elke klant laat blaas sal ons weet hulle is ernstig, anders probeer hulle net nuus maak dat daar wel mense gearresteer was.

chrisjan ·

mag die dronkbestuurders EN spoedvrate geen genade betoon word met vonnisopleggings nie.Ook GEEN keuse van boete of tronkstraf nie.NET tronkstraf.Dis tyd dat mense wat nie wil hoor nie VOEL.

barend v d westhuizen ·

ja dit is desember en nou sal al die verkeer beamptes weer n slag werk wand hulle moet mos bonis kry die maand

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.