30 vas oor geweld in Philippi

Betogings het Woensdag op Jakes Gerwelrylaan naby Mitchells Plain in Kaapstad opgevlam (2 Mei 2018). Foto: ANA

Dertig persone is in hegtenis geneem ná betogings in Jakes Gerwelrylaan en die R300 in Kaapstad.

Maroela Media het vroeër berig betogers het ʼn kitsbank by ʼn vulstasie aan die brand gesteek, terwyl ʼn vrugte- en groentestalletjie en ʼn voertuig ook deurgeloop het. Die betogings gaan glo oor oop grond vir behuising. Volgens mediaberigte is betogers ook ontevrede oor ʼn tekort aan sanitasie, paaie en toegang tot skole. Volgens die Stad Kaapstad is verkeersligte beskadig en ʼn taxi met klippe bestook.

Verskeie paaie rondom Mitchell’s Plain is gesluit weens die betogings.

Sers. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die polisie, het gesê die persone, wat in hegtenis geneem is, staan tereg op aanklag van openbare geweld en hulle sal binnekort in die Athlone-landdroshof verskyn. Die polisie doen ʼn beroep op betogers om nie enige wette te oortree nie. “Vandalisme en ander onwettige bedrywighede sal nie geduld word nie. Beslissende optrede sal geneem word teen enige vorm van wetteloosheid,” het Rwexana bygevoeg.

Die polisie is steeds in die gebied om die situasie te monitor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Rudolf ·

Hierdie “sporadiese” en “onverwante” voorvalle van anargie regdeur die land is `n ernstige rede tot kommer. Daar is besliste pogings om die land onregeerbaar te maak. Die SAPD se hande is afgekap na Marikana en die opstokers weet dit. Terwyl President Ramaphosa nog probeer sin maak met wat werklik om hom aangaan, gaan die “rewolusie” volstoom voort. Ons staan `n donker toekoms in die gesig…..

President ·

Ek dink nie ons geagte president weet wat aangaan nie OF hy gooi maar net ‘n “blind eye”.

Walter ·

Ja brand af en verwoes sodat jy more nog minder sal he.
Almal is soo “wys”. Dink hulle het minder brein selle dan geldjies.

Wilma ·

Maar was dit dan ni di ANC wie ini ou SA die mense geleer het om af te breek en te brand nie.

Ja hoor ·

VAS VANDAG more los . .WIE dink julle draai julle nog ‘n rat voor die oe .. julle sorg dat die media berig dat 56 of 30 verdagtes en oproermakers in hegtenis geneem is net om more te verneem of ALMAL is vrygelaat op waarskuwing of een of twee is agtergehou . agneewat . as julle misdaad so wil bekamp en dink brandstigting en vernietiging van eiendom is NIE ‘n kriminele oortreding waarvoor mense in die tronk moet deurbring nie, moenie by my kom kla dat die land in chaos gedompel is nie .. KRY VIR JULLE!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.