300 onderwysers druip graad 3-Engels-toets

skool-21.jpeg

Argieffoto

Die departement van basiese onderwys (DBE) sal opleiding gee aan 300 laerskoolonderwysers wat ʼn graad 3-Engels-toets gedruip het.

Elijah Mhlanga, woordvoerder van die departement, het gesê die toets is aan onderwysers in die Wes-Kaap, Oos-Kaap en KwaZulu-Natal gegee as deel van ʼn navorsingprojek deur die Zenex Stigting. Die navorsingsverslag het getoon dat die onderwysers, wat graad 1- tot 3-leerders onderrig, se Engelse taalvermoëns gelykstaande aan of swakker is as dié van ʼn graad 3-leerder.

“Die uitslag van die navorsing is vir die departement kommerwekkend, maar ons verwelkom dit ook,” het Mhlanga gesê. “Die navorsing het presies gaan uitwys waar die probleme lê en wat gedoen moet word om dit aan te pak. Dit baan dus vir ons die weg vorentoe wat die opleiding betref wat aan die onderwysers gegee moet word.”

Hy het beklemtoon dat Engels nie die huistaal van baie van die onderwysers is nie.

Mhlanga het gesê die navorsing deur Zenex is ʼn deurlopende projek wat in verskillende fases gedoen word en dus sal nog onderwysers se taalvermoëns in die nabye toekoms getoets word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

58 Kommentare

Anoniem ·

Ek wonder net hoe verwelkom iemand iets wat kommerwekkend is… hoe regverdig jy ook iets om te se dit is nie hulle huistaal nie… as jy in ‘n pos aangestel word dan moet jy sorg dat jy die veld ken en self verstaan en jouself heeltyd op hoogte hou met ontwikkelinge, veral as jy n onderwyser is! dit is belaglik om die minste te se. Ek dink die departement moet eerder inkyk op hierdie 300 onderwysers se kwalifikasies….

Dup du Plessis ·

……..wonder of daar dalk nou ‘n besef sal kom hoekom Afrikaners in Afrikaans (hul moedertaal) onderrig wil word……..hoekom ons baklei vir Afrikaanse skole en universiteite……..

CJ ·

Dit is kommerwekende resultate maar nie die eerste geval waar mense se kwalifikasies bevraagteken word duer jan publiek nie ………ons lees dit lewer kommentaar en die DBE (Dept of “BASIC”education)verwelkom die uitslae??? Dis skandelik dat hierdie sogenaamde onderwysers ons jeug moet onderrig. En dan wonder ons hoekom daar soveel probleme op hoer onderwys vlak is.Hoe bou n leerling op n swak fondasie wat vir hom gelê is deur sulke onderwysers?

Jan maak n Plan ·

Ja en dan wonder die regering hoekom die arme kinders nie deurkom op skool nie.

Eli ·

Stomgeslaan is ek nou!!
Ok nee wag eintlik ook nie…ons President sou hom ook gedruip het of is dit nou gedop het?!

marna britz ·

My vraag is die volgende: Hoe het hierdie onderwysers n onderwyskwalifikasie bekom met sulke swak taalvaardighede?

Frederik ·

Gekoop. Daar is geen kwalifikasie wat hul nie kan koop nie.

Jessica Louw ·

Dit is skokkend. My opinie is dat die onderwysers dadelik uit hul pos verwyder moet word. As n kind se grondslag fase nie reg gele word, sukkel daardie kind sy hele skool loopbaan deur.

Moeks ·

Stem saam met jou Jessica. My kind het tussen Limpopo en Gauteng meer as 2 jr agterstand gehad. Ons sukkel tot vandag nog. Haar punte het darem al verbeter van 40% plus na 60% plus. Baie harde werk en trane gekos. Vandag se kinders kan nie eers behoorlik lees nie.

lijaludick ·

Nou wonder mens in vandag se skole druk hul as onderwysers di kinders om te presteer en word sielkundiges toe gestuur om op ritilin en ander medikasie te kom sodat hul soldate as klas kan kry maar engels ai word ni gekyk na nie en moeite wil ni gedoen word ni….mens moet net passop net nou diskrimineer ons…..?

Duitswes ·

Ha! Ha! Ha! Daar is dit nou op swart & wit wat almal lankal beweer en weet. Regering; daar is ‘n GROOT verskil tussen KWALITEIT en KWANTITEIT.lad
Vrinne, hoe laat dit my nou lekker terugdink aan ons ‘OU’ Huisgenoot met die humoristiese middelblad; genaamd die “Swape”…bou nou so ‘n nasie, ai tog. Tralala! Ha! Ha!

André ·

Dit is skandalig! Hoe kry hierdie “onderwysers” hul kwalifikasies? Gaan die verskoning nou weer gebruik word dat die moeilikheidsgraad te “hoog” is? Die onderwys stelsel is ook al rommelstatus. Skande!

Ruby ·

Sit hulle saam met die kinders in die klas en kry ‘n BEVOEGDE onderwyser.

Mira ·

Ek weet hoekom het hierdie onderwysers gedruip. Want op Universiteit word daar deesdae “oopboek-vraestelle” geskryf! Hulle het nie meer nodig om soos in die ou dae, te leer nie. Slaan net vinnig alles op in die boek en skryf soos ń pappegaai alles af.

Johann Venter ·

Mira, oopboek-vraestelle is NIE regtig so maklik as wat jy dink nie. Jy moet jou werk redelik goed ken en begryp om so ‘n vraestel (wat behoorlik opgestel is) te kan slaag.

Nicholene ·

Ek is ‘n derde jaar onderwys student by Unisa. Ek het nog geen oopboek-vraestel geskryf nie.

Klip Innibos ·

Moet tog net nie vergeet: hulle tel onder die “vantevore benadeeldes”…

Moeggepraat ·

Nou vra ek, hoe het hulle die onderwys kwalifikasie in die eerste plek gekry? Eish!

Mel ·

Kan jy nou oorvertel, flippen pateties, dis hoekom dit gaan in di skole soos wat dit gaan, ons kan rerig ons eie sirkus in Suid Afrika begin

Callie Landsberg ·

Dan word universiteite afgebrand omdat hulle net engels wil praat

Theuns ·

Die Toetse is gedoen om te kyk of die onderwysers gereed is om alles wat ons sien en hoor in Engels te kan doen. Onthou die onderwys poste is gekoop. Geen formele opleiding het plaasgevind nie. Toets skryf is in elkgeval n praktyk wat gestop gaan word want dit is vernederend. Almal kom deur!

Johnny Come Lately ·

Dis waar Theuns, toetse en eksamens is mos diskriminerend, dit skend menseregte en jou reg tot ongeletterdheid en erkenning tot op die hoogste vlak-kyk maar bv. na die hoof van die SABC…

Karolis ·

Dalk het ek die kat aan die stert beet maar was daar nie onlangs ‘n berig oor hoe jy onderwys kwalifikasies kon koop nie?

m ·

Engels is ook nie my huistaal nie maar daar is darem die basics wat mens ken of hoe…. geen wonder dit gaan in hierdie swart skole soos dit gaan nie want die onderwysers weet nie wat hulle doen nie. Scary hoor………………….en die grootste grap van alles is hierdie mense wil net engels praat na 1994…….. het slim sy baas gevang hier??/

Koos ·

Stuur hulle Oxford toe daar word grade in arogansie en onkunde toegeken aan vooheen benadeeldes van SA

Elsabie ·

En wat word die ongekwalifiseerde onderwysers (staatsamptenare) betaal? Dan het hulle die vermetelheid ook om elke jaar te staak vir meer geld. Anders gestel: Is dit nie juis ook ‘n aanduiding dat moedertaal onderrig die antwoord is nie? Beide onderwyser en leerder sal dan mos beter doen, dan nie?

Duitswes ·

Pieter, jy het vir Oom Jan v Riebeeck wat “2000” jaar gelede glo hier aangekom het vergeet! Ha! Ha!

Joan Labuschagne ·

Wie het aangedring daarop om net in Engels hul opleiding te kry? Hoe het hulle ‘n onderwys kwalifikasie verwerf as hul nie eers graad 3 Engels kan slaag nie? Wie gaan nou betaal vir hul verdere studie en wat is die situasie in die ander provinsies? Dis ‘n absolute skande, ongeletterde mense moet kinders onderrig. Sal die geagte Minister vir ons ‘n aanvaarbare verduideliking gee, sonder om weer die rasse kaart te speel?

Johann Marx ·

Die “kommin-tators” wat so vinnig aan die skree raak oor onderwysers se kwalifikasies moet versigtig wees. Die regering se antwoord hierop gaan wees: Dis omdat hulle in “Afrikaanse” universiteite was en nie Engels geleer het nie!!! Daarom verander ons nou AL die universiteite onmiddelik na “ENGELS” toe!!!!…en dan?

Ander Koos ·

Valid point!! En dan natuurlik ook weer apartheid se skuld

MJL ·

Dan wil die meneer Lesufi van Gauteng ons skole “opdateer” na Engels toe?

Theuns ·

Dit is nie net Apartheid, OomJan En Verwoerd nie! Hulle het tevertelle dat hulle die Oorlog ook teen die Boere gewen het. Weet julle water Oorlog dit was? Jammer man ek het iewers gelees die Zulus het ons by Bloedrivier verslaan. Dan ons nou wragtie Geskiedenis so verkeerd geleer het?

lynette ·

Nee nee ek kan dit nie glo nie . Is graad 3 al so moeilik . Mense julle moet maar begin dink aan Home schooling . Wat gaan van die kinders word . Die skole gaan agteruit en word net meer duurder .

E ·

Engels is die wêreld taal. Eerste taal is moeder taal. Tweede is wêreld taal. As jy nie engels het nie, hoe gaan jy in die werkplek kommunikeer?
Ek sê nog altyd gr.r tot 7 moet moedertaal wees, daarna Engels. Ons kan nie anders in die werkplek nie!

Lance ·

Dit is presies die probleem en die unies weet dit …dis hoekom hulle so skerm as daar toetse van onderwysers aangevra word ….hoe het die onderwysers ooit deurgekom wonder ek …..onderwys is regtig n joke !!

Jef ·

Dit val my op dat al die mense wat nou op hierdie onderwerp kommentaar lewer amper perfek Afrikaans type m.a.w weinig tot geen spelfoute nie.
Lees ek ander onderwerpe (nuus) dan wemel dit van spelfoute, en dan dink ek maar so mense kan goed spel maar hulle type te vinnig.

vermeende ·

Dit verklaar so baie, duidelik is Engels nie die onderwysers se huitaal nie en ook nie die leerlinge s’n nie…..hou by moedertaal!!
Wie stel die kinders se toetse op en merk die eksamin vraestelle?
Wat word van ons onderwys as gegradieerdes opleiding moet ontvang om self die Gr3 eksamin te kan slaag, kommerwekkind, nou weet ons hoekom Afrikanse skole so onder druk is vir intergrasie.

Poplap ·

Kwalifiseer mens ook as gegradueerde wanneer jy Graad 7 geslaag het?

Joann ·

Hulle het gr.1 op appro deurgekom en gr.2 deur die venster afgeloer en toe gr.3 gekoop.

Carol ·

Sit hulle in n klas en vra n engelse graad 3 om vir hulle die basiese engels te leer en dan merk jy die vraestelle derdewerelds….dalk pass hulle.

Dirk ·

Natuurlik sal elke onbetrokke ouer gebruik maak hiervan om die blam op die onderwysstelsel te plaas. Daardie 300 onderwysers kan ek u belowe gee nie skool by enige skool wat die moeite werd is om u kind in te sit nie dit is juis hulle wat nie gestudeer het nie maar wel deel maak van die korrupsie syfer.

Realistic educator ·

Ek is n graad 10-12 Home language en EFAL onderwyser. Die ‘nuwe’ onnies kan mos al van hul 2de jaar al in n pos stap. Hulle kan nog nie eens behoorlik vir hulself dink nie. Ons stelsel is besig om heel in mekaar te sak. Wag en kyk hoe ‘hulle’ als vernietig….dan word daar weer na ‘ons’ gekyk om weer te gou….

Nic ·

Wil almal graag die volgende inligting gee.
Ons het miljoene ongeskoolde kinders.
Opgeleide onderwysers is te min vir die taak,hul wil ook nie in rural areas skoolhou nie.Daar is halfopgeleide onderwysers wat bereid is om die taak aan te pak,hul vergoeding is ook nie dieselfde as opgeleide onderwysers nie.Kom ons hou op kritiseer ,vergewis ons eers oor feite en maak ook n verskil in ons land.

magrette louw ·

engels is nie die huistaal van baie van die onderwysers nie?? maar ek as afrikaanse person moet in engels kommunikeer met mense? daarom se ek as jy nie my taal praat nie kry jy nie my geld nie. name en shame daardie skole almal!!!!!!!!

Ansa ·

Ai, en iemand loer so tydjie terug teen haar neus af na my en vra of ek ooit gekwalifiseerd is om my kind tuis te onderig? Want daar is mos ‘n REDE hoekom onderwysers op universiteit studeer. Ek lewer maar liewer nie kommentaar nie……

Dirk ·

En dan wonder mens nog hkm Sadou nie wil hê daar moet Anna toetse afgelê word nie want die onderwysers is nie eens op die standaard nie en hkm skole afgebrand word nie want sien die onderwysers is gelykstaande aan grd3 leerlinge hoe minder hulle hoef te werk hoe beter hulle kry mos hulle salarisse.

Ben ·

Het onlangs Afrikaanse leestoetse op graad 9’s gedoen Nie een kon 50 woorde per minuut met begrip lees nie. Hulle is net 100 woorde (Sus en Daan standaard) gegee om te lees !!! Oor 4 jaar is hulle op universiteit dan moet hulle ±240 woorde pm met begrip in vakke wat hulle nog nooit van gehoor het nie kan lees !!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.