301 verdagtes binne 2 dae vasgetrek

boeie

Foto: SAPD/Facebook

Die polisie in Noordwes het Donderdag en Vrydag 301 verdagtes in hegtenis geneem wat verbind kan word met verskeie misdade in dié provinsie.

Brig. SB Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, sê dié inhegtenisnemings vorm deel van ʼn veldtog van die polisie om misdaad in Noordwes ʼn nekslag toe te dien.

Volgens Mokgwabone word 140 van dié verdagtes aangekla van aanranding asook van aanranding met die doel om ernstig te beseer. Altesaam 15 persone is vasgetrek vir verkragting, 14 vir die kwaadwillige beskadiging van eiendom, 26 vir huisroof en 12 vir die oortreding van ʼn interdik.

Hy sê talle van die verdagtes is vasgetrek vir diefstal asook vir motordiefstal en 70 is vasgetrek vir geweld teen vroue en kinders, onder meer vir aanranding.

“Die verdagtes word by sewe polisiestasies in die provinsie aangehou. Hulle sal na verwagting binne die volgende week in die hof verskyn,” sê Mokgwabone.

Lt. genl. Baile Motswenyane, provinsiale polisiekommissaris, sê dié inhegtenisnemings is ʼn stap in die rigting van misdaadvrye gemeenskappe in Noordwes. Sy het gesê die veldtog teen misdaad duur voort en die polisie sal nie skroom om nóg misdadigers in hegtenis te neem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Verbaas ·

Nou hoe kry hulle dit reg om nou arrestasies te maak en ook sulke groot getalle. Het die polisie vir maande of jare niks gedoen terwyl hulle “dalk geweet” het waar al die skelms is. Wat meer kan mens verbaas.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.