31 beseer in Boksburg-ongeluk

Foto verskaf deur ER24

Altesaam 31 volwassenes is Vrydagaand beseer tydens ʼn ongeluk tussen twee taxi’s en twee motors in Van Dykweg, Boksburg-Oos.

“ER24 en ander dienste het kort ná 18:00 by die toneel opgedaag,” sê Russel Meiring, woordvoerder van ER24. Vier voertuie het in die linkerkantste baan en langs die pad gestaan. Die insittendes het langs die pad gesit.

“Die pasiënte is ondersoek en een van die taxi-bestuurders was in ʼn kritieke toestand. Die ander persone het geringe tot matige beserings opgedoen.”

Die pasiënte en die man, wat kritieke beserings opgedoen het, is na nabygeleë hospitale geneem.

Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie. Plaaslike owerhede was op die toneel en stel ondersoek in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.