31-jarige in hof oor voetganger se dood

Argieffoto (Foto: Andreas Lischka/Pixabay)

ʼn 31-jarige man het Dinsdag in die landdroshof in Port Elizabeth verskyn in verband met ʼn ongeluk oor die naweek waartydens ʼn voetganger gesterf het.

Kalvin Zirema het Sondagoggend omstreeks 04:00 in die regterkantse laan in die rigting van Kings Beach met sy Audi A4 gery toe hy twee voetgangers getref het. Die twee persone het naby ʼn eiland naby die McDonald’s-kruising gestaan.

ʼn Man van Nigerië is op die toneel dood en ʼn 26-jarige vrou van Zwide het haar been in die ongeluk verloor. Sy is in ʼn kritieke toestand na ʼn hospitaal geneem.

Volgens die polisie het Zirema van die toneel gevlug ná die ongeluk, maar beamptes het hom later in hegtenis geneem. Kol. Priscilla Naidu, woordvoerder van die polisie, het gesê Zirema bly in aanhouding. Hy moet Donderdag weer in die hof verskyn vir ʼn formele aansoek om borgtog.

Die oorledene is uitgeken as Anthony Agbo (35), ʼn Nigeriër wat slegs twee of drie dae tevore in Suid-Afrika aangekom het voor die noodlottige ongeluk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

9 Kommentare

jongste oudste gewildste
Stebastiaan

Gewoonlik as hul vlug na ‘n ongeluk was daar verseker drank by betrokke. So gee hom kans om eers nugter te word. As hy nugter was sou hy mos nie in die regterkantste laan gery het nie???

Mordenaar

Vlugtendes van ongelukstonele moet bitter hard boet vir hulle moordadige late.

Chris

Audi why implicate your trademark??

Chris

Toe die ambulans met 18 pasiente gerol het, het niemand gese dit is n Veto nie. En toe die ander ambulans 3 mense dood gery het, was dit nie n Toyota nie????

Mossie

In n vorige berig van n ongeluk waarin 3 mense dood is as gevolg van die 1 bestuurder wat beheer verloor het omdat hy n spoed van 260km gejaag het, is die voertuie se make ook genoem. Dis was n Jaguar en n Mercedes Benz…so wat is die probleem? Dis die betrokke voertuig waarin die betrokke persoon ten tyde van die noodlottige ongeluk was, niks meer en niks minder nie.