31-jarige vas wat glo 80-jarige vrou verkrag

Argieffoto

ʼn 31-jarige man is in die Oos-Kaap in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn 80-jarige vrou verkrag het.

Kapt. Jackson Manatha, woordvoerder van die polisie, het gesê beamptes van Keibrug- en Butterworth-polisie het die man Saterdag in hegtenis geneem.

“Die slagoffer het Woensdagaand alleen in haar huis by Nciba- informele nedersetting naby Keibrug, Butterworth, geslaap toe ʼn man haar net ná middernag oorval het,” het Manatha verduidelik. “Sy het die man as ʼn plaaslike inwoner uitgeken en ʼn saak van verkragting is by Keibrug-polisiestasie aanhangig gemaak.”

Die polisie het leidrade opgevolg en die man Saterdag aangekeer. “Hy sal Maandag in die Butterworth-landdroshof verskyn op aanklag van verkragting.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Vetel die wereld ·

Laat die wereld sien wat met hierdie land se bejaardes gedoen word.

SA Moordmuseum ·

Wys die wereld hoe ons land met weerlose oumense maak.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.