31 vas ná onluste in Koster

Kim Medupe, burgemeester van die Kgetlengrivier-munisipaliteit, se huis, gastehuis en vier voertuie wat op die perseel gestaan het, is deur betogers aan die brand gesteek. Foto: ANA

Altesaam 31 verdagtes verskyn na verwagting Maandag in die landdroshof op Koster weens die onlangse onluste in dié plaasdorpie in Noordwes.

Kol. Sabata Mokgwabone, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die verdagtes word aangekla van openbare geweld, brandstigting en opsetlike saakbeskadiging.

“Die verdagtes is Donderdag en Vrydag in Koster en Derby in hegtenis geneem in verband met die gewelddadige betogings wat Woensdag in Koster uitgebreek het,” het Mokgwabone gesê.

Maroela Media het vroeër berig Kim Medupe, burgemeester van die Kgetlengrivier-munisipaliteit, se huis, gastehuis en vier voertuie wat op die perseel gestaan het, is deur betogers aan die brand gesteek. Betogers het ook verskeie huisware-items uit die burgemeester se huise gesteel. Die sentrale sakegebied van Koster is heeltemal gesluit weens die betogings.

ʼn Raadslid se huis is ook aan die brand gesteek. Die pad tussen Rustenburg en Koster, asook die Koster-Swartruggens-pad moes soms gesluit word.

Inwoners van Reagile het die strate ingevaar om te betoog en voer aan hulle is ontevrede oor ʼn gebrek aan basiese munisipale dienste.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Wonder ·

Gits Frits, maar die polisie het vinnig opgetree. Trots op julle

Gemaskerde Sopbeen ·

Die mense van Koster werk hulle gate af om daai burgemeester se R670 00,00+ per jaar salaris te betaal………sy leef in weelde, met huis, gastehuis EN voertuie……..en die mense wat daardie leefstyl finansier? Hulle moet water aandra en put-toilette gebruik………as en wanneer dit beskikbaar is. Wat het enige iemand gedink kan die uitkoms van so ‘n situasie wees? Rus, vrede en vreedsame naasbestaan? Net in ‘n reënboog droompie……..

JSG ·

Stem nogal saam met jou. Genoeg om frustrasie te veroorsaak, maar hoekom dit met geweld te probeer regstel? Aan die ander kant, dis Afrika. Ken geen ander manier om geskille op te los. Mag toon moes onder hulle wie is in beheer.

snoefie ·

is die munisipaliteit tevrede met hulle betalingsmetode? dis lekkerder om n kraan oop te draai as om water te gaan skepen aan te dra. dit kos egter geld. n mens kan nie kinders by dosyne hê en verwag iemand anders moet n tuiste en geld om daardie kinders groot te kry, gee nie. jy neem jou omstandighede in ag en besluit of jy enigsins n kind, n huis, lopende water en lesbes elektriseteit kan bekostig.

Casper Labuschagne ·

En dit is nie net Koster, of net die Noordwes nie, meeste van die land is ‘n kruitvat wat wag om te ontplof.

JSG ·

Luukse huis en vier voertuie? Geen wonder die inwoners is ontevrede. Daar is beter maniere om geskille op te los as om alles af te brand en te vernietig, of weet hulle dalk dat dit nie sou gehelp het. Meeste burgemeesters verdien omtrent of meer as die staatspresident en kan nie ‘n dorp hanteer. Die inwoners sien dalk in watse weelde sommige mense lewe, maar moet ook verstaan, meeste het hard gewerk om dit te kry. Nie almal kry alles verniet maar ook geen rede vir tantrums nie.

kas ·

JSG hoe hard het die burgemeester gewerk om dit alles te kan besit.Ons het almal hard gewerk vir dit wat ons besit en nou wil die regering dit wegvat sonder vergoeding.Maak dit vir jou sin.

JSG ·

Kas, my kommentaar is miskien nie goed bewoord. Praat eintlik nie van hom of haar in die geval. Meer in ‘n algemene siening. Omtrent al die stakers en meeste van die inwoners wag vir die beloftes van die regering dat hulle als verniet kan kry. Hulle kry dit nie in hulle koppe dat meeste van mense wat gemaklik lewe moet betaal om dit te hê. Meeste staats amptenare kry alles op ‘n skinkbord en dan ook nog ‘n vet salaris. Omrede die burgemeester dit kry, verwag die ander dit ook en kry hulle dit nie, gooi hulle tantrums. Hoop ek het dit nou beter beskryf. Ek is nie goed om briewe te bewoord.

De Villiers ·

Die twee grootste oorsake van al die sosio-ekonomiese probleme in ons land, is korrupsie en aanwas, en niemand spreek die aanwas-kwessie ooit aan nie. Dis ‘n realiteit dat die ANC swak dienste lewer, maar het iemand al gesien vir hoeveel mense in ‘n sekere area dienste gelewer moet word? Die nie volhoubaar om in getalle toe te neem terwyl die basiese hulpbronne en inkomste vir munisipaliteite dieselfde bly nie. Daar kan nie vir almal werk wees nie indien daar minder poste beskikbaar is as die aantal mense in die omgewing. Dus sal werkloosheid toeneem soos getalle toeneem. Dit lei tot verhoogde misdaad. Ook kan basiese dienste nie aan almal gebied word wat nie betaal nie, want hoe moet dit gefinansier word? Om munisipale fooie van betalers te verhoog is nie die antwoord nie. Kleiner gesinne is sterker en kos minder, selfs vir die staat. Om dan uit frustrasie te betoog, soos hierdie, kan grootliks verhoed word as meeste werk het omdat getalle minder is. Wanneer gaan die staat die aanwas-kwessie begin aanspreek?

JSG ·

Goed uitgeleg. Stem saam, mense moet ophou die regering se beloftes glo en begin besef dat jy kan nie alles verniet kry. Hulp programme moet net daar wees vir die wat werklik sukkel. Afrika nasies moet ook begin besef dat jy kan nie meer vroue, kinders en beeste as rykdom reken. Ons lewe nie meer in die verlede.

kas ·

JSG, ek is self ‘n staatsamptenaar en daar bestaan ‘n wanpersepsie oor staatsamptenare se salarisse.Ons kry nie “vet salarisse”soos jy beweer nie.Ek tree na 37 jaar af met pension en ek kan nie ‘n lening kry om ‘n kar te koop nie.Ons lees bykans aldag in die nuus oor korrupsie by munisipaliteite.Die mense sien dit en dit is waar die probleem inkom.Ja jy is reg hulle is al hierdie dinge belowe en nou kry hulle dit nie.

JSG ·

Kas, my pa het self in die parlement gewerk en het ook maar met ‘n karige pensioen afgetree. My kommentaar is eintlik teen die salarisse van burgemeesters gemik, nie alle staatsamptenare. Hulle kry beslis vet salarisse en kan in die meeste gevalle nie sy werk doen. Lees ook my antwoord aan Die Villiers. Mooi dag daar.

GM ·

De Villiers, dis presies wat ek altyd sê. Daar moet geboortebeperkings ingestel word. Kas, die gewone staatsamptenare kry nie veel nie, dit besef ons almal. Dis die hoë-koppe wat skep. My ouers gaan aftree met ‘n pensioen wat hul nie baie lank gaan hou nie, en hul het oor die 35 jaar diens. Hulle werk hul besimpeld, en ander skep. En die jongetjies wat nou aangestel word, verdien meer, vir die helfte minder werk doen.

alida ·

Julle gaan my nou stenig maar hoekom moet daar nou juis ‘n Burgermeester wees en so ‘n astronomiese bedrag verdien?

JSG ·

Alida, ek sal jou nie stenig, want ek het dieselfde vraag. Wie bepaal wat hulle betaal word?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.