Altesaam 32 motoriste is Saterdagaand binne agt uur op die N12 in Benoni aan die Oos-Rand op aanklag van dronkbestuur in hegtenis geneem.
Hoofsupt. Wilfred Kgasago, woordvoerder van die Ekurhuleni Metropolisie (EMPD), het gesê die EMPD se snelwegeenheid het in samewerking met die Gautengse verkeerspolisie ʼn spesiale veldtog van stapel gestuur om dronkbestuurders vas te trek.
Die verkeersveldtog is van 16:00 tot middernag by die Putfontein-afrit op die N12 in albei rigtings gehou. Talle motoriste is hier voorgekeer en 32 mans, tussen 24 en 56 jaar oud, is in hegtenis geneem omdat hul bloedalkoholvlak oor die wettige perk was.
“Al die bestuurders is by die Benoni-polisiestasie van dronkbestuur aangekla. Hulle sal na verwagting binnekort in die Benoni-landdroshof verskyn,” het Kgasago gesê.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
25 Kommentare
En hoeveel is vir rook gevang???
Vra maar net……
Met al die tronke vol “k-woord gebruikers” en rokers – is daar darem seker nog ‘n plekkie vir ‘n paar moordenaars en dronkbestuurders, of hoe? Of het hulle darem al ‘n paar van die plaasaanvallers vrygelaat om plek te maak vir die “rassiste”? Mmmm ja….. dis nou vir jou die linkses se wonderlike Azaniese paradys.
Hoeveel is by hosp toegesluit met geweld
Wat het die Verkeers Polisie te doen met die Hospitaal geweld en Plaas moorde….
So ver blyk al die kommentare ten gunste van die dronkryers te wees.