32 binne ure vir dronkbestuur vasgetrek

Foto: EMPD

Altesaam 32 motoriste is Saterdagaand binne agt uur op die N12 in Benoni aan die Oos-Rand op aanklag van dronkbestuur in hegtenis geneem.

Hoofsupt. Wilfred Kgasago, woordvoerder van die Ekurhuleni Metropolisie (EMPD), het gesê die EMPD se snelwegeenheid het in samewerking met die Gautengse verkeerspolisie ʼn spesiale veldtog van stapel gestuur om dronkbestuurders vas te trek.

Die verkeersveldtog is van 16:00 tot middernag by die Putfontein-afrit op die N12 in albei rigtings gehou. Talle motoriste is hier voorgekeer en 32 mans, tussen 24 en 56 jaar oud, is in hegtenis geneem omdat hul bloedalkoholvlak oor die wettige perk was.

“Al die bestuurders is by die Benoni-polisiestasie van dronkbestuur aangekla. Hulle sal na verwagting binnekort in die Benoni-landdroshof verskyn,” het Kgasago gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Andre ·

Ja, kom ons verbied eerder rook. Dit veroorsaak mos baie meer probleme

Andre ·

Dis gevaarlikker om oor die pad te stap as rook…
Toxic komentaar is erger as rook…

KG ·

Kyk rook is beslis nie goed vir jou nie, maar hoe op aarde bring jy rook en drank bymekaar t.o.v. die gevare op die pad.

Ek moet nog hoor van ‘n ongeluk wat veroorsaak is omdat die bestuurder gerook…..ek meen regtig nou?

Reguit ·

Met al die tronke vol “k-woord gebruikers” en rokers – is daar darem seker nog ‘n plekkie vir ‘n paar moordenaars en dronkbestuurders, of hoe? Of het hulle darem al ‘n paar van die plaasaanvallers vrygelaat om plek te maak vir die “rassiste”? Mmmm ja….. dis nou vir jou die linkses se wonderlike Azaniese paradys.

AWVDM ·

Wat het die Verkeers Polisie te doen met die Hospitaal geweld en Plaas moorde….

Cherokee ·

So ver blyk al die kommentare ten gunste van die dronkryers te wees.

Peet Schabort ·

By Putfontein? Lyk my daar is ‘ietsie’ in daardie fontein se water . . .
‘In die kar nog ‘n sopie;
In die kerkhof nog ‘n hopie’.

Marinda ·

Reading some of these comments, it seems like you want drunk drivers on the road, but what if one of these drivers had caused an accident that involved a family member of yours? Would you still feel the same?
Truly a sad day. Just saying.

Oom Kalahari ·

Ek bespeur geen blanke lid van Verkeerspolisie op bostaande foto nie. Daar is seker darem geen diskriminasie elemente daaraan gekoppel nie?

Dalk is die blankes besig op ‘n ander operasie om rokers vas te trek.

Michael ·

O en nou is die polisie trots met 32 manne in die selle, terwyl hulle pad blokades hou word die geld waens geroof en moorde word gepleeg glo my seker die hele mag was daar by die pad blokade en hoeveel bribes het daar plaas gevind?

Hannatjie ·

Ek weet nie wat kla party so nie? Wanneer jy dronkbestuur is jy ‘n potensiele moordenaar.

Lukie Carelsen ·

Hie is dit moontlik om beskuldigdes aan te kla van dronkbestuur of bestuur met hul bloedalkoholvlak bo die wettige limiet as die bloeduitslae nog nie bekend is nie? Die wet vereis dat die boedalkoholvlak bo die wettige limiet moet wees. Die “asem toets” is nie aanvaarbare getuienis voor ‘n hof nie. Slegs die bloedalkoholvlak. Dit neem maande om afgehandel te word. Mis ek iets?

Andre ·

Goeie werk.
Dronk bestuurders hoort agter tralies. Dit is poging tot manslag!

Yolande ·

Sjoe mense, appels kan nie met pere vergelyk word nie.
Hier word NET berig oor dronkbestuur. BESTUURDERS duisende mense se dood al veroorsaak het. Dit was baie goeie werk van verkeers beamptes gedoen het en mense wat geliefdes deur dronkbestuurders verloor het sal saamstem.

Alida ·

‘n Dronk mens hoort nie agter ‘n stuurwiel nie en klaar.

marous ·

32 Binne agt ure net op een pad ? Hoeveel duisende is daar dan wat elke dag onder die invloed bestuur?

Uvonka ·

LOL Marous die ander duisende is die rokers…………..!!!!!!!

Riaan ·

JY MAG DINK ALKOHOL LAAT JOU LEKKER VOEL EN HUPPEL, MAAR DIT IS JUIS DIE DING WAT JOU SO ELLENDIG LAAT SUKKEL.

Lunsriem ·

Dit is goed so, sluit dronkbestuurders toe! Wonder net hoeveel onpadwaardige voertuie, persone sonder rybewyse en ander oortredings is terselfdertyd aangekeer of is daaroor n blinde oog gegooi?

Desire Uys ·

Hy bedoel seker die wat een of ander gras of iets rook. Hou hulle sommer in die tronk.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.