32 onwettige myners in Benoni aangekeer

Foto verskaf deur die EMPD

Beamptes van die Ekurhuleni-metropolisie het vandeesweek 32 onwettige myners in hegtenis geneem en beslag gelê op ʼn springstoftoestel.

Kobeli Mokheseng, woordvoerder van die EMPD, het gesê persone van Malawi, Mosambiek en Zimbabwe, tussen 18 en 32 jaar oud, het Donderdagaand omstreeks 20:00 in die veld langs Daveytonweg te voorskyn gekom uit gate wat na ongebruikte mynskagte lei. Hulle was uitgeput en nie oplettend nie. “Die EMPD-span het hulle gekonfronteer en in hegtenis geneem. Daar is beslag gelê op ʼn springstoftoestel.”

Die verdagtes is na Benoni-polisiestasie geneem op aanklag van die onwettige besit van ʼn springstoftoestel en onwettige mynbedrywighede. Hulle sal na verwagting binnekort in die Benoni-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Sky pie ·

Arrestasies beteken niks…volg op hoeveel word aangekla en gevonnis.

Mm ja nee ·

Die blou “toutjies” is springstof!! …. Quartex, nie seker van die spelling. Dit is nie n “toestel” nie

K P ·

Dit is nie dalk terroriste wat die land binne gekom het. Of geld die stelling net as die goed by n wit man gekry word volgens uitsprake van saps.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.