32 skoolkinders beseer in kettingbotsing

Foto: Netcare 911

Foto: Netcare 911

32 skoolkinders is Maandag in KwaZulu-Natal beseer nadat twee busse en ʼn voertuig op die R102-pad naby Stanger gebots het.

“Gelukkig het die kinders nie ernstige beserings opgedoen nie,” het Robert Mckenzie, ʼn woordvoerder van die provinsie se nooddienste gesê.

Die kinders is op die toneel behandel en na verskeie hospitale geneem vir verdere behandeling en waarneming.

Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie. – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.