32 vas wat glo kiesersregistrasie wil ontwrig

Argieffoto

Argieffoto

Altesaam 32 verdagtes is in Mthatha en Ntabankulu in die Oos-Kaap in hegtenis geneem op aanklag van openbare geweld.

“Altesaam 26 verdagtes, tussen 19 en 39 jaar oud, is Saterdag omstreeks 16:00 deur lede van die openbareorde-polisie-eenheid in hegtenis geneem nadat hulle die stempunt by Polar Park JSS in Mthatha gewelddadig gesluit en personeellede van die Onafhanklike Verkiesingskommissie toegang geweier het,” het kol. Sibongile Soci, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die verdagtes sal Maandag in die Mthatha-landdroshof verskyn op aanklag van openbare geweld.”

Ses verdagtes tussen 19 en 44 jaar oud is omstreeks middernag in Ntabankulu in hegtenis geneem nadat hulle glo slote op die grondpad tussen Bagqozini en Mzimhlophe gegrawe het, in ʼn poging om lede van die gemeenskap te verhoed om te registreer om te stem. “die verdagtes sal Maandag in die Ntabankulu-landdroshof verskyn op aanklag van openbare geweld en opsetlike saakbeskadiging,” het Soci bygevoeg.

Lt.genl. Celiwe Binta, provinsiale polisiekommissaris, het gesê die polisie in die provinsie is toegewyd om seker te maak die kiesersregistrasie vind vreedsaam plaas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Joann ·

Hier by ons is nie een blanke wat werk by registrasie lokale nie. Hoekom nie?????

Tiger ·

Dit is ‘n baie goeie vraag.Kan enige van die oposisie party hierop ‘n verduideliking verskaf??

Meraai ·

Net so twee rokies uit my skoorsteentjie:
Daar moet net onthou word dat die persone wat aangestel is, mense van verskillende tale moet help. Die twee dames wat die kieserslokoaal in ons dorp beman het, was Afrikaans, Engels en Sesotho magtig.
Dit gaan my vestand te bowe dat enige persoon die registrasie proses wil ontwrig! Hoe kan jy kla oor die stand van sake as jy nie jou insette lewer nie of in hierdie geval seker gaan maak dat jy wel ‘n inset kan lewer tydens die verkiesing? Dit was net registrasie en nog nie eens die verkiesing nie – wat moet ‘n mens dan nou tydens die verkiesing te wagte wees?

Die ontwrigters moet maar gedwing word om daardie symste slote reg te maak- hulle het duidelik te veel tyd op hulle hande- kan net sowel ten goede aangewend word!

Sê maar net ·

Meraai, wat my verstand te bowe gaan is die stelling “….tussen 19 en 44 jaar……” Ons pragtige land is nou al in sy 22 ste jaar van Demokrasie. Hoe weet “kinders” tussen 19 en 22 wat het werklik gebeur as ek wat al in my diep 30’s is, nie eers meer als kan onthou gedurende apartheid nie? Hoe word hulle vol haat en leig stories gepomp? En dit is ons land se toekoms?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.