33 in hof oor Sassa-bedrog

Argieffoto

Altesaam 33 persone het Woensdag in die Botshabelo-landdroshof in die Vrystaat verskyn op aanklag van bedrog nadat hulle glo onregmatig Sassa-toelaes ontvang het.

Kol. Thandi Mbambo, woordvoerder van die polisie, het gesê 32 van die persone is vrygelaat op borgtog van R500 elk. Malefu Mokhethi (41), die vermeende baasbrein, bly in aanhouding tot 22 Mei. “Die ander beskuldigdes moet onderskeidelik op 22 Mei en 27 Mei weer in die hof verskyn.”

Die inhegtenisnemings volg ná Operasie Project Combat op 13 Mei 2019 tot ʼn einde gekom het. “Altesaam 30 vroue is in Botshabelo in hegtenis geneem wat geïmpliseer word dat hulle die staat deur maatskaplike toelaes bedrieg het. Vyf mans is op 14 Mei in hegtenis geneem. Twee vroue is nie aangekla nie en dit bring die getal inhegtenisnemings op 33 te staan,” het Mbambo bygevoeg.

Mokhethi het na bewering kwesbare persone geteiken met ʼn belofte dat sy hulle sal bystaan met hul toelaes van die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid (Sassa). “Sy het glo vervalste doktersbriewe uitgereik sodat hulle vir toelaes kan kwalifiseer, teen ʼn fooi van R200.”

Lt.genl. Moeketsi Sempe, provinsiale polisiekommissaris, het gesê dit is die eerste fase van die operasie. “Nog inhegtenisnemings sal volg. Ons doen ʼn beroep op diegene, wat deel was van die slenter, of op ʼn bedrieglike wyse begunstigdes is van regeringstoelae, om na vore te kom voor ons hulle in hegtenis neem,” het Sempe gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Gert van Wierdapark ·

Fanflippen-tasties dat sy (nog) nie borgtog gekry het nie! Miskien moet die saak uitgestel word soos Zuma jnr s’n nadat sy Porsche mos die pad kamma byster geraak het.

Chris Ws ·

Die anc regime het ‘n monster geskep met die Sassa toelaes.Dit bevorder bevolkings aanwas geweldig en so gaan meer en meer toelaes betaal moet word wat die geld van waar gekry gaan word.Net hulle weet.Hierdie bedrog wat oopgevlek is is nie eers ‘n druppel in die see nie.

Gerhardb ·

@ Chris WS, Daai geld kom uit my en jou se sakke uit……en hulle weet dit.

Jr ·

Arm mense kry SASSA en ryk mense kry BOSSASA en bonus geld van SASSA ook

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.