33-jarige vas oor poging tot moord op tweejarige

Argieffoto (Foto: saeedkebriya, Pixabay)

WAARSKUWING: Die besonderhede in die berig kan sensitiewe lesers ontstel.

ʼn Tweejarige seun van Rosemoor in George moes na die Rooikruis-kinderhospitaal in Kaapstad gehaas word vir dringende mediese behandeling ná hy aangeval is.

Volgens die voorlopige ondersoek het die ma van die kind met die bebloede seuntjie uit die huis gehardloop en gesê haar minnaar het die seun se privaat deel met ʼn skêr gesny, het kapt. Malcolm Pojie, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die seuntjie se privaat deel is fisies met ʼn skêr verwyder en het slegs aan ʼn dun stukkie vel gehang toe hy na die hospitaal gehaas is.”

Die vrou se bure het Conville-polisie gekontak en die seun is na George-hospitaal geneem voor hy dadelik na die Rooikruis-kinderhospitaal oorgeplaas is. Hy was in ʼn kritieke toestand weens die hoeveelheid bloed wat hy verloor het.

Die polisie het beslag gelê op die skêr en ʼn 33-jarige man is in hegtenis geneem toe hy van die polisie wou ontvlug het, het Pojie bygevoeg. Hy staan tereg op aanklag van poging tot moord en sal na verwagting Woensdag, 27 Desember, in die George-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.