33 sterf op Gautengse paaie

Foto: IPSS Medical Rescue

Minstens 33 mense het dié langnaweek hul lewe in 31 padongelukke in Gauteng verloor, sê die provinsiale departement van gemeenskapsveiligheid.

Die oorledenes sluit 15 voetgangers, 11 bestuurders, vyf passasiers en twee motorfietsryers in, het die LUR vir gemeenskapsveiligheid, Sizakele Nkosi-Malobane, Dinsdag in ʼn oorsig oor die naweek se padongelukke gesê.

“Die getal ongevalle wat die naweek aangemeld is, is onaanvaarbaar hoog,” het sy gesê. “Twintig van die 33 [sterfgevalle] het tussen 19:00 en 04:30 gebeur. Ons sal aanhou toesien dat daar ʼn hoë sigbaarheid van wetstoepassingsbeamptes op snelweë en by vermaakplekke is.

“Padveiligheidsoptredes sal ook verskerp word, onder meer padblokkades wat toegespits is op onpadwaardige voertuie ten einde ons passasiers en bestuurders se veiligheid te verseker.”

Sy maan wetstoepassers om hul pogings op te skerp en geen verdraagsaamheid te betoon jeens bestuurders wat die padreëls oortree en beamptes wat omkoopgeld uit motoriste probeer kry nie.

“Ons kan nie toelaat dat enkele individue die beeld van toegewyde en gerespekteerde lede van die polisiegemeenskap skade berokken nie,” het Nkosi-Malobane gesê.

Die statistieke lyk glad nie goed nie.

Die Padverkeersbestuurskorporasie sê ʼn groot getal botsings en sterfgevalle word sedert die begin van die Kerstyd aangemeld. Volgens Simon Zwane, woordvoerder van dié korporasie, was die langnaweek ʼn “uitdagende” tyd op die land se paaie.

“Die statistieke lyk glad nie goed nie,” het hy Dinsdag gesê. “Daar was vyf groot ongelukke wat ons ondersoek … en dis net van Saterdag tot Maandag, sowat 36 sterfgevalle. Te veel mense sterf in enkele ongelukke.

“Daar was 12 in die Wes-Kaap, vyf in Noordwes, vyf op Kranskop [KwaZulu-Natal] en ʼn polisiebeampte is dood omdat ʼn dronkbestuurder nie by ʼn padblokkade stilgehou het nie. Dit was dus glad nie ʼn maklike naweek nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Blompot se Deksel ·

Ons het so n half uur terug gestop in Polokwane vanaf Jhb en dis skrikwekkend hoe min mense omgee oor spoed en veiligheid. Ons het self n video of 3 geneem, n Greyhound bus flash vir ons waar ons 120km/hr ry dat ons net moet padgee en daar gaan hy. 2 OORVOL trailers het 1 gerol en 1 se as gebreek (voor ons oe) en n taxi het n wiel verloor. Genadig, dis was n senu tergende rit.

Lizelda ·

Ek sal ook NOOIT weer n rit vanaf Nelspruit Pretoria toe aandurf nie. Het dit verlede jaar gedoen en dit was traumaties genoeg. Motoriste ry in aankomende verkeer asof dit hulle baan is. Jy wat in die regte baan is moet pad afgaan anders is dit kop aan kop… Nee dit was baie erg vir my

Andrew ·

Ek het twee bande laat oortrek in Bloemfontein by n gerespekteerde handelaar. Toe ek daar wegry voel die bande nie reg nie en ek stop by n motorhawe om die lugdruk na te gaan. Regs voor 5 bar. Links voor 3.5 bar. Veilige druk volgens die fabrikaat se spesifikasies: 1.8 bar sonder vrag. Ons beleef n erge warm weers toeatand in die Vrystaat. Nou ry jy met daai reeds te styf gepompte bande op n warm teerpad en die band bars. Voor band… wat gebeur? Jy beland voor ander voertuie. Die moral van my storie….dis nie net spoed en dronk mense wat n gevaar is nie. Die instansies wat veronderstel is om profesonele diens te verskaf maak eintlik van jou voertuig n moord wapen om te gebeur

Manie ·

Baie van die ongelukke dink ek het te doen met die totale wetteloosheid van die mense in die land. Ek sien daagliks hoe mense moedswillige oor stopstrate en rooi verkeersligte ry. Daar is baie korrupsie by die verkeersmense. Vir n paar rand sien hulle enige oortreding oor. Die wetteloosheid begin by die mense in die parlement na wie die mense opkyk

Skroef ·

Hoekom so baie voetgangers? Oeee. Ek weet. Want padveiligheid en sundelikheis, is mos witmens giere! For the love of george! Wanneer gaan daar onderrig gegee word om nuie te vreet en neer te gooi nie? Wanneer geleer word hoe om n pad veilig oor te ateek? Pik by! Voed kinders op in die dinge wat saak maak

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.