33 vuurwapens verdwyn spoorloos uit polisiestasies in Wes-Kaap

Argieffoto

Fikile Mbalula, minister van polisie, het sy kommer uitgespreek ná berigte dat 33 vuurwapens uit die Bellville- en Mitchell’s Plain-polisiestasies verdwyn het.

Vuyo Mhaga, woordvoerder vir Mbalula, het gesê daar kon nie rekenskap gegee word vir 18 vuurwapens wat as bewysstukke in ’n hofsaak ingehandig is in die Bellville polisiestasie nie. “15 staatsuitgereikte wapens word ook vermis,” het Mhaga gesê.

Die Valke ondersoek die saak.

“Dit is die wapens wat in die hande van bendes beland en die lewens van soveel jongmense verwoes,” het Mbalula gesê.

Mbalula het ’n beroep op die Valke gedoen om die ondersoek spoedig af te handel.

“Polisiestasies is veronderstel om ’n veilige hawe vir almal te wees. Geweld wat basies van binne die polisie se range geborg word, kan nie geduld word nie,” het Mbalula laat hoor.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

John ·

Ongelukkig nie spoorloos nie en ook nie handloos nie en dit sal weldra ook nie koeelloos wees nie, maar iemand sal wel binnekort leweloos wees… En wie moet ons bedank? Onbetroubare polisielede.

Pine ·

En dan is julle die mense wat wil besluit of ek bevoegd is om n vuurwapen te mag besit.

Leahim ·

Die wapens moet net uitgereik word waneer n beampte aan diens is en die wapens moet gekontroleer word deur n wapen offisier hierdie is onaanvaarbaar.

PJ ·

Netso Pine en ou Razmataz verseker almal hoe hy die kriminele gaan uitroei

Sarie ·

Die persone wat hul lisensies teruggegee het ,sal nou besef hul het droog gemaak

Dirk01 ·

En ons wag inspanning vir Gen Bothma van Hoofkantoor Pretoria vuurwapen afdeling wat so bekend is vir sy dreigende houding en ewe belaglike vuurwapen stelsel om kommentaar te lewer oor die gesteelde vuurwapens wat ingehandig is……….en die verlore en gesteelde wapens van sy mede kollegas . As ek so mooi na als kyk dan is die wet gehoorsame burgers toe die heeltyd onnodig geblameer , goeie taktiek om polisie se onbekwaamheid te verdoesel . Vat die beperking weg van vuurwapens op eienaars wat vir 5 jaar n lisensie besit asook die geld maak hernuwings foefie

donker duiwel ·

en dan is daar sommiges van ons wat so gretig hul vuurwapens gaan inhandig het toe die polisie begin dreig het

agtog ·

NIE die enigste polisiestasie waar dit gebeur nie. Ander net baie stil, want nog n klad op hul naam!!!

Hendrik ·

Mbaba lulaaa moet minder sport kyk en begin om te werk! Wat is die ergste, n sukkelende sokkerspan wat verloor of ‘n fat cat minister wat nie sy polisie spannetjie kan hanteer nie?

Gys ·

Die aanvaller het n staats wapen in sy hand om jou aanteval. Verdedig jy jouself teen hom dan word jy van moord aangekla. Waar is die staat dan om verantwoordelikheid te vat vir hulle dade om n krimineel toegang tot n wapen te gee. Privaat wapen eienaars staar tronkstraf in die gesig vir nalatigheid as jou wapen verlore raak. Wat gebeur met die staat.

Goodness ·

Ja hoor, ons vuurwapens is baie veiliger onder ons kopkussings as by die polisie wil dit voorkom. Dan moet ons as wettige vuurwapenlisensie eienaars jare wag vir heruitreiking van wapenlisensies, jou kluis word kom inspekteer, jy moet bevoeg verklaar word ens, en dan word daar sommer tjoef tjaf 30 en meer wapens op ‘n slag uit ‘n polisiekantoor gesteel? Dit is belaglik man, niemand ry ooit aan die pen hiervoor nie. Sal my nie verbaas as dit gereel word nie (daarmee bedoel ek inside jobs vir diegene wat altyd die polisie se kant vat). Se maar wat julle wil .. niemand stap net in ‘n polisiestasie in en gryp soveeel wapens en kom daarmee weg nie. Julle wil die wettige eienaars beperk maar die onwettiges floreer, steel nou selfs van die polisie, heel rustig!

Eish ·

Alles net die totale verval van standaarde, verantwoordelikheid en integriteit. Afrikanisering, soos een rubriekskrywer dit gestel het. Mag die Hemelse Vader ons genadig wees.

Johan ·

Ek stem 100% saam Pine hulle kan nie eers self na die wapens kyk nie …die saps gebou is of moes altyd die veiligste plek gewees het hahhhaa nou word hulle die makliste geroof

Johanna Botha ·

En so gaan dit …daar is net geen orde of gevolge ….die polisie bly en is net PATETIES !

FM ·

En nou word mense, wie se wapenlisensies verval het, gedwing om hul vuurwapens by die polisie in te handig. Nou word jou wapen wat jy ingehandig het, gesteel by die polisiestasie en gebruik word om moord te pleeg. Nou wonder ek net: hoekom moet mens nog enigsens jou wapen inhandig vir kamtige veilige bewaring.En die polisiestasie waar die wapen ingehandig is, gaan niks aan gedoen word nie. Dis maar net die anc se manier om ons te ontwapen. Mark my words!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.