34 000 leerders in Gauteng moet nog geplaas word

Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng. (Foto: Mia Slabbert)

Die LUR vir onderwys in Gauteng, Panyaza Lesufi, sê hy is vol vertroue dat die departement die agterstand met die plasing van voornemende graad 1- en graad 8-leerders by skole in die provinsie spoedig gaan inhaal. Hy het ook onderneem dat dat élke leerder ‘n plek sal kry.

34 000 leerders is nog nie geplaas nie. Hiervan is 13 000 in graad 1 en 21 000 in graad 8.

Die Gautengse departement van onderwys het die spertyd vir die plasing van dié leerders reeds tot 30 November verleng.

Chaos het ook Sondag by van die departement se streekkantore ontstaan. Beamptes is aangerand en toerusting en geboue beskadig toe gefrustreerde ouers na die kantore opgeruk het in ʼn poging om plasing vir hul kinders te verseker.

Die getal leerders wat reeds geplaas is, staan nou op 241 806, oftewel 85,5% van die totale getal aansoeke wat ontvang is. Hiervan is 131 383 plasings vir graad 1’s gedoen en 110 423 vir voornemende graad 8’s. Altesaam 310 350 aansoeke is ontvang.  Die departement het gesê hy is bewus daarvan dat 34 553 leerders (12,2%) se ouers nog nie ʼn aanbod vir plasing gekry het nie en dat daar diegene is wie se aansoekstatus al ʼn geruime tyd hangende is. “Die departement vra om verskoning hiervoor en onderneem om dié leerders te plaas. Ouers in dié situasie sal SMS-aanbiedinge ontvang. Ouers word ook gevra om die aanbod binne sewe dae van ontvangs van die hand te wys of te aanvaar. Indien nie, word dit verbeur,” het die departement in ʼn verklaring gesê.

Teen vandag het 391 Gautengse skole reeds hul kapasiteit bereik. Dié skole word nie meer op die aanlyn stelsel gereflekteer nie. Dit sluit in Northcliff High School, Alberton High School, Boksburg High School, Hoërskool Akasia, Rand Park High School en Hoërskool President.

Tot dusver het 6 428 nog nie gereageer op ʼn aanbod om plasing nie. Die getal ouers wat nog nie dokumente ingedien het of dit nie het nie, staan op 27 563, het die departement gesê.

“Ek is vol vertroue dat die departement die agterstand kan en sal uitwis. Ons vra weereens om verskoning vir die ongerief wat dit vir ouers veroorsaak het,” het Lesufi gesê.

Talle ouers het veral op sosiale media oor die ondoeltreffendheid van die stelsel uitgevaar.

Lesufi het gesê hy waardeer die terugvoer en dit gaan gebruik word om die aanlyn stelsel te verbeter.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Gert van Wierdapark ·

Gelukkig is die mini-ster van Onderwys op sy POS om verskonings uit the “spin”. Lyk asof die man en sy span rond-vallerig is met die stelsel van registrasies! Eish!

Bekommerde ·

Ek is inderdaad bekommerd – in die ou dae is kinders na die skool naaste aan die huis gestuur.
Verder is daar vir ons tydelike asbes klaskamers opgerig – ons het dit almal oorleef anders kon ek nie nou hier geskryf het nie. My broer is amper 70 en hy leef ook nog!

Verder het ons al op die verhoog(met die gordyne toe) in die skoolsaal ook skool gegaan tewyl daar ‘n ander klas in die saal was. Selfs weermag tente kan die probleem oplos.

Daar moet nou net genoeg onderwysers wees vir die bloedtjies!

Sterkte aan almal wat hierdie kinders moet plaas & ook aan die ouers wat ook benoud raak.
Daar moet tog net nie kinders weggewys word nie – veral nie van die naaste skool waar hulle bly nie!

Mike ·

Ek dink oor 3jr sal dit 1 miljoen kinders wees. En tans is sal die ontwikkeling van infrastruktuur sloer tot dan. Kinders sal maar buite skool hou…

jennefer ·

Jy is reg, solank die “grant” uitgedeel word sal daar nooit vinnig genoeg skole gebou kan word nie.

Basjan ·

Ja, ou Lesufi. Bepaal jou by die werk waarvoor jy aangestel is en los die Afrikaanse skole uit. Waar is jou visie om te sorg dat nuwe skole gebou word en nuwe onderwysers opgelei en aangestel word?

jakes ·

Kan hierdie mense enige iets reg doen? Beslis nie want na 25 jaar het niks verander nie behalwe die graad van onbevoegdheid en korrupsie het met 200% verhoog.

Nicolene ·

Plaas hulle het die proses gelos soos dit was, ouers gaan doen aansoek by ‘n skool en klaar. Nou moet daar aanlyn aansoek gedoen word, tienduisend vorms moet ingegee word. Dis net soveel beter om dit by die skool van keuse te doen en klaar. En dis snaaks dat hulle nie kon klaarkry nie, by all means dis baie kinders, maar daar is nie net 10 personeel lede wat dit hanteer nie??

hannelie ·

Ons bly 5,11km van die skool af en het nog geen aanbod gekry nie. Toe ek gisteroggend by die skool was moes ek hoor dat ses kinders wat buite die 30km zone bly sms gekry het vir die skool en hulle het dit aanvaar. Toe die kantoor dame vir die een man se hy is te ver toe se hy Mr. Louw said you will take my child. Toe die skool die department bel en vra wat gaan aan die kinders is ver buite die zone hulle kan nie daar geplaas word nie kan hulle nie die sms blok of terug trek nie toe word daar gese nee jammer die skool sal hulle aanvaar. Ek wag nog steeds. Die lys met my kind se naam sit in Mnr. Louw se inbox en is al drie keer vir hom gestuur deur die skool om die kinders te laai vir die skool en toe ek Sondag met hom praat by die Benoni Departement toe se hy hy weet nie waarvan ek praat nie. Die dame by die skool het gister gese hy is die persoon saam met n dame Nonthlantla vir wie hulle al drie keer die lys gestuur het om te laai hy moet nie se hy weet nie waarvan ek praat nie. nou vra ek jou mense buite die voedings zone daag by die skool op en se hy stuur hulle maar hy kan nie die skool se lys met die name wat agter gebly het laai nie.

emily ·

Ouers los mos alles tot op die laaste nippertjie. Tipies Nuwe Suid Afrika.
Stel voorbehoedmiddels in skole bekend sodat daar minder van hulle kan wees, en ja dis soos iemand hierbo ook se, Solank hulle Sassa kry, voel hulle vere.

Irma ·

Meneer Lesufi, jy roem mos daarop dat jy in beheer is en ‘n raakvatter is. Hoe het ons dit nou met jou. Hoe is dit dat jou departement so swak presteer? Agge nee, vir ‘n selftevrede mens soos jy behoort dinge mos baie beter te loop??? Kom nou !!!

PATTY ·

Bou skole want as 34 000 nog nie geplaas is nie beteken dit daar is 34 skole te min

Gemaskerde Sopbeen ·

As jy die “child grant” vat en skole daarmee bou sal hierdie probleem nie bestaan nie. Maar as jy die geld gebruik om infrastrukteer mee te bou en jy betaal mense om kinders te produseer….gaan jy een of ander tyd sukkel. Die 5 miljoen belastingbetalers kan nie genoeg belasting betaal vir 17 miljoen se kinders EN nog vir skole ook nie. Julle sal binnekort moet begin kies…..

Judge Dredd ·

Moenie worry nie – ons het die wereldbeker gewen – en Lesufi kon nie ‘n ou vlag sien nie.

Maritza ·

JA, chaos sal uitbreek as die Departement van Onderwys vir ouers op ‘n Saterdag ‘n sms boodskap stuur wat se: ”Dear Parent. If you have not received an offer of placement for your Grade 1 and/or Grade 8 child for Admission 2020, kindly visit your nearest District on Sunday, 3 November 2019 from 9:00 to 16:00”, en dan arme werknemers sonder antwoorde met die gebakte patats los. Dit is te verstaan dat ouers woedend en moedeloos raak, die LUR moet teen die tyd besef dat die aanlynregistrasie proses nie werk nie. My Graad 1 kind is ook nie geplaas nie want volgens die aanlynsisteem was ons oneerlik om te se dat hy reeds ‘n ouer sussie in die skool het of dat ons binne 1,2 km van die skool van ons keuse woon. Dit is pateties, my hart gaan uit aan elke ander ouer wat dieselfde moes deurmaak…

johanna ·

wanneer die staat ophou sorg vir ander kinders se pa’s sal daar minder kinders wees wat die skole vol sit – van daardie ouers weet ook nie eers presies wanneer n kind skool toe moet gaan nie .. ons kinders gaan in die jaar wat hulle 7 word maar deesdae is dit mos nou mode dat hulle hulle kinders kan skool toe stuur as hulle 6 word ….. liewe vader tog kan iemand net sê dat babadoeke meer is as die R450 want erens het ons ‘n syfer probleem.

Foxi ·

Goeie genugtig……verstaan niemand geboorte beperking nie? Soveel kinders……..wat gaan van hulle word? Daar is net nie meer plek nie! Hoe gaan daar geleer word, met 60 kinders in n klas….. As niemand meer wil werk nie, hoe gaan die staat dit alles onderhou. Hulle kan noual nie eens meer die las dra nie.

Alida ·

Hoekom is daar nie van 95 af sonder ophou skole gebou nie? Hulle moes mos gedink het solank kinders betaal word om kinders te kry gaan dit iewers vashaak. As daar na die geboortesyfers gekyk was sou daar nie nou n probleem gewees het nie. Verstaan nie hoe CR net oogklappe aan loop nie. Dit is tog duidelik dat Lesufi n nar sonder rigting is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.