34 leerders by skool in hegtenis geneem

Argieffoto: Phillip Bruwer

Altesaam 34 jong mense, meestal glo skoliere, is vandeesweek by ʼn hoërskool in Pietermaritzburg in verband met onluste in hegtenis geneem.

Kol. Thembeka Mbhele, provinsiale polisiewoordvoerder vir KwaZulu-Natal, het gesê die leerders is Dinsdag deur beamptes van die Mountain Rise-polisiestasie en die openbare ordepolisie by ʼn skool in Eastwood in hegtenis geneem.

“ʼn Groot groep mense, geklee in skooluniforms en sommige in gewone klere, het op die skoolperseel saamgedrom en oproerig opgetree,” het Mbhele gesê.

Die skoolbestuur en personeel het aan die polisie gesê die meerderheid van die groep bestaan uit matrikulante en ander leerders. “Die leerders is opdrag gegee om hul optrede te staak, maar sommiges het voortgegaan om onder meer kondome, wat gevul was met ontlasting, urine, eiers, klippe en melk, rond te gooi.”

Die skoolgebou en private voertuie van onderwysers is tydens die onluste beskadig. Onderwysers en ander leerlinge is ook tydens die voorval beseer nadat hulle met verskeie voorwerpe bestook is. Een leerder moes na ʼn hospitaal geneem word nadat hy vermoedelik met ʼn mes op sy hand gesny is.

Die polisie het die situasie onder beheer gebring en 34 verdagtes, tussen 14 en 20 jaar oud, in hegtenis geneem. Hulle is na die Mountain Rise-polisiestasie geneem. Die minderjariges is ingevolge die Kinderwet in die toesig van hul ouers vrygelaat met ʼn waarskuwing om in die hof te verskyn.

Die ouer verdagtes het Woensdag in die Pietermaritzburg-landdroshof verskyn waar die saak tot 23 Oktober uitgestel is vir hul borgtogaansoeke.

“Die situasie by die skool is steeds gespanne en word gemonitor aangesien onderwysers doodsdreigemente ontvang het en daar ʼn bomdreigement was.”

Dit is nie duidelik waaroor die leerders oproerig geraak het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Lientjie ·

Ek weet nie hoekom mors hulle almal se tyd nie, want daar gaan net mooi niks met hulle gebeur nie. Hulle weet dit, want dit is hoekom hulle elke dag dieselfde ding oor en oor doen!

bgj van der westhuizen ·

elke jaar maak hulle die selde wand hulle moet exsamen skryf en hulle het nie geleer nie en weet hulle gaan dop dit ge hulle n veskoning om dit weer te kan oor skryf en hulle 20 jaar ou en sit nog in die skool belaglik

George ·

Jy kan gaan kyk die wat so oproerig is, is die klomp wat nie gestudeer het nie. Dan raak hulle onrustig want dis tyd vir eksamen.

B-man ·

En die ouers hits hulle aan want die skool se faktuur het gekom om skoolgelde te verhaal, maar hulle kan dit nie bekostig nie. Ek wonder ook of ouers nog ‘n staatstoelaag mag eis vir skoolgaande kinders wat ouer is as 18?

wielie ·

Geen wonder ……………. Hoe kan jy 14 jariges meng met 20 jariges (on) volwasse invloed !???? Wen resep vir moeilikheid :(
Nou gaan al die onskuldiges weer deurloop …………

Jakoba ·

Volgens die berug is hulle TUSSEN 14 en 20. Nerens lees ek van ‘n 20 jarige spesifiek nie. Niemand het ‘n pistool teen die jongeres se koppe gedruk om te se wees oproerig of …… nie nee hulle is oud genoeg om self daardie keuse te gemaak het.

Eish ·

Verstaan glad nie waaroor die rumoer gaan nie. Dit word mos bepleit om politiek n vak op skool te maak. Hierdie is die skoolprojek!

Linda ·

Tussen 14 en 20 jaar. Dan wil hulle die toekoms van ons land wees. Geen wonder alles verval so nie. Hulle moet maar net leer en eksamen skruif of dop is hulle voorland dit is te sê as daar nie gekul word met die punte sodat hulle kan slaag nie. Alles is ‘n klug spul. Stuur die minderjariges na ‘n verbetering skool toe.

C.W.S. ·

Skuif Mandela se goed van Robbeneiland. HEROPEN en jaag almal wat roof steel en moor ongeag ouderdom daarin….laat hul daar mekaar verniel of opvoed met niks…..Sluit hekke en dat dit bewaak word deur Regte Eerbare Opgeleide mense!!!!! Punt.!!!! Tronke en howe sal leeg wees….ook broodnodige hospitaal dienste sal gelewer kan word vir mense wat dit regtig nodig het…!!!!

Willie ·

Bring die sambok en beheer terug… Hierdie hele SA is soos n vliek wat afspeel, wat mens nie kan glo… ek wil niks uitspreek nie, maar hier kom nog groot marakkas..

ouers ·

Hul is die klomp wat EFF hemde gedra het…
nou kom ek se dit as jy jouself so ver kan kry om te dink dis reg om ontlasting in kondome te sit en gooi teen jou medemens is jy mos nou wraggies die rassis….onopgevoed en hoort nie eens in die skool nie en ook nie in die sameleweing nie….
onderwysers moet saak maak teen die kinders poging to aanranding, naam skeding en enige iets wat hlle kan ..waar is die minister van onderwys nou!!!hoekom kyk jynou in ander rigting oor die onderwyser WIT is !!!!???

John Samuel ·

Groep “mense” sê die artikel…. o_O

Jawellnofine…

Piet Pompies ·

Gedurende die ons algemene beskerming verleen aan inwoners van Soshanguve Noord van Pretoria. Daar was ‘n skoolhoof wat baie trots was op sy skool en hy het elke oggend by die ingangshek van sy skool gestaan en elke leerling wat laat gekom het, het sommer daar dan dan die nodige straf gekry. Die perseel was netjies en skoon, klaskamers dieselfde.
Laat mens dink..

Dissipline ·

Skoolkinders word in hegtenis geneem vir ONLUSTE< maar dan is almal verbaas as 'n 15 jarige geskiet word tydens 'n ONLUS. 'n ONLUS is 'n aanval op onskuldige mense, daar word klippe en bakstene na mense se motors gegooi, mense se lewens word bedreig, trokke word uitgebrand, die bestuurders van trokke en busse word uit die voertuie geruk en verskriklik geslaan en soms vermoor. Brandende bande word op die ryvlakke van paaie geplaas om mense die REG om 'n pad te gebruik te ontneem en hulle lewens daardeur te bedreig. MOENIE dan verbaas wees as mense hulleself begin verdedig nie. Onskuldige mense word AANGEVAL, en as jy 'n "KIND" is wat aanval, moet jy ook die gevolge dra.

Adrian ·

Die oor 18 jaar kan nie in hul ouers se toesig geplaas word nie, nee nee hul is volwassenes en dus verantwoordelik vir hul dade, dus met geweld kan hul tronk toe ek reken hul is ook die opswepers en lede van EFF wat ook nuwe lede werf

Chris ·

Swak advertensie vir die kondoom die voorstanders van kondome. Daardie lot se ouers het duidelik nie die aanwysings op die omhulsel gelees nie. Indien hulle dit sou gedoen het, het die produk van die misstap nie nou op ‘n skoolgrond gestaan nie.

Apache ·

In die ou dae toe ek op landbouskool was het ek en n paar skoolvriende hoenderdiens, varkdiens en melkdiens gehad, na ons werksaamhede het die dag begin met skool toe gaan.
Die betrokke aand het ons toe besluit om bietjie vars melk en eiers te gaan vat vir eie gebruik, die volgende oggend om en by sewe uur moes ons by die skoolhoof gaan rapporteer en elkeen van ons het 6 houe met n rottang gekry en direk skool toe met n baie seer bas en een maand ekstra diens. Nooit het ons sulke taferele gehad wat teenwoordig aan die orde is nie.
Ons het op n harde manier geleer en lyfstraf was daar om orde en respek te handhaaf en die reels van die skool na te kom, dus ek se bring terug die lyfstraf.

Hartseer ·

VREEMD dat die mense wat die minste onder apartheid gely het die GROOTSTE monde deesdae het. Kinders wat in UPPER CLASS skole skoolgaan, met die beste kwaliteit opvoeding, wat beurse kry om Universiteit toe mee te gaan, wie se ouers hulle in JAGUARS en Porsche Cayennes voor die skool kom aflaai, skielik EFF ondersteuners is wat LAND wil bekom. EK wed jou nie een van die drie studente stel eers belang in boer of in landbou nie. Hierdie intimidasie en breinspoeling van die jeug is regtig skokkend. Die met die meeste voordele en voorregte is deesdae voor in die koor met vernietigende slagspreuke en optredes. SO HARTSEER!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.