34 sleutelposte in staatsdiens steeds vakant

Argieffoto (Foto: Steve Buissinne/Pixabay)

Verskeie sleutelposte in die staatsdiens is al jare lank sonder permanente aanstellings. Poste vir direkteurs-generaal en departementshoofde is vir ʼn gemiddeld van 22 maande vakant.

“Die regering blameer vinnig gebrekkige of ʼn gebrek aan dienslewering op die afwesigheid van belangrike posisies soos departementshoofde of direkteurs-generaal, maar die DA is verbaas dat daar tans agt nasionale en een provinsiale direkteur-generaal slegs in waarnemende kapasiteit aangestel is. Altesaam 25 van die 87 provinsiale departemente is sonder ʼn permanente departementshoof,” het Mimmy Gondwe, die DA se skaduminister van staatsdiens en administrasie, in ʼn verklaring gesê. “Dit is ondanks die feit dat die Wet op Staatsdiens en Staatsdiensregulasies bepaal dat ʼn waarnemende beampte nie vir langer as 12 agtereenvolgende kalendermaande in ʼn pos mag waarneem nie.”

Gondwe sê dit blyk die ANC-regering misbruik dié skuiwergat met ʼn draaideur van waarnemende DG’s en departementshoofde, terwyl sleutelposte jare lank vakant bly.

“Artikel 32 van die Wet op Staatsdiens gee die uitvoerende owerheid of departementshoof die mag om ʼn werknemer in sy of haar diens opdrag te gee om tydelik enige werk te verrig buiten dit wat normaalweg van dié personeellid verwag sou word of wat behoorlik sou wees vir die persoon se posgradering. Dit laat departemente kwesbaar vir uitbuiting en onregverdige inmenging deur die regering oor die aanstelling van sleutelposisies in die staatsdiens. Dié tipe kaderontplooiing dwing die land op sy knieë.”

Gondwe het gesê die DA sal opvolg- parlementêre vrae stel om verder ondersoek in te stel oor die kwessie waarom sekere sleutelposisies nog nie gevul is nie en om seker te maak dat die regering aan dienslewering voldoen. “Suid-Afrikaners is moeg daarvoor dat die regering net belangstel om diegene te dien wat politieke verbintenisse het. Die regering is hier om die mense te dien, nie andersom nie. Deur sleutelposte te vul kan stabiliteit in departemente verseker word en dit is een van die eerste stappe om doeltreffende dienslewering te verseker.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

9 Kommentare

jongste oudste gewildste
Pieter

Dis mos nou ‘n gulde geleentheid om die staatsdiens se salarisrekening te besnoei. Skaf die poste af voor daar nog 34 staatsdienswerkers aangestel word wat nie oor die minimum vereistes beskik om die pos te beklee nie…..

annie

‘n Mens hoef nie sub A te loop druip om die rede daarvoor uit te figure nie…

Hendrik

Gaan die regering dalk Kubane invoer om hierdie poste te vul?

Grassie

Dit is miskien die beste dat daardie poste onbeman bly. Die on-regering sal net kaders of kaderinne aanstel met politieke verbintenisse. Dié gaan net daar sit (soms) en niks doen nie teen ‘n hemelhoë salaris.

Lizel

Die inligting oor die Hoof van Gesondheid in Mpumalanga is nie korrek nie. Daar is n HOD aangestel in 2016, ek werk in haar kantoor !