ʼn Vragmotor wat 35 000 liter petrol vervoer het, is Dinsdagoggend in Johannesburg gekaap en ʼn paar uur later leeg aangetref in Protea Glen.
“Die vragmotor is omstreeks 02:00 gekaap,” het ao Kay Makhubela, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die vragmotorbestuurder het gesê vier mans het hom gekaap. Hy was van Alrode na Sebokeng onderweg.”
Makhubela sê die verdagtes het die vragmotor op die snelweg voorgekeer en hulle het die drywer in Brakpan afgelaai.
Die 35 000 liter was vir Sebokeng naby Vanderbijlpark bestem. “Die waarde van die brandstof beloop meer as R400 000,” het hy gesê. “Die vragmotor is later leeg in Protea Glen opgespoor. Ons doen ʼn beroep op enigiemand wat gesien het wat met die brandstof gebeur het, om met die polisie in verbinding te tree.”
R40 000 vir 35000 L ?
Dagsê vra maar net
Dankie, ons het sopas bevestiging gekry dat die inligting wat ons oorspronklik ontvang het, nie korrek was nie. Dit is nou gewysig.
Baie dankie
Groetnis
Suné
nms Maroela Media
Ek wil ook van daai petrol he wat R1.14 per liter is. My sommetjie is nader aan R 500,000.
Dagsê Ivan
Dankie, ons het sopas bevestiging gekry dat die inligting wat ons oorspronklik ontvang het, nie korrek was nie. Dit is nou gewysig.
Baie dankie
Groetnis
Suné
nms Maroela Media
Jan publiek het nie stoorplek vir daai hoeveelheid brandstof nie. ek ruik al weer n hoe rot!!!!
Sjoe …. Sal self like om by die Depot te koop, ons betaal tans by ons Depot R12.60 vir Diesel
Dagsê Riana
Dankie, ons het sopas bevestiging gekry dat die inligting wat ons oorspronklik ontvang het, nie korrek was nie. Dit is nou gewysig.
Baie dankie
Groetnis
Suné
nms Maroela Media
Teen daai spotgoedkoop prys is dit seker oppad na Nklandla toe
Dagsê Faan
Dankie, ons het sopas bevestiging gekry dat die inligting wat ons oorspronklik ontvang het, nie korrek was nie. Dit is nou gewysig.
Baie dankie
Groetnis
Suné
nms Maroela Media
Inside information, daai hoeveelheid kan nie in n agterplaas gestoor word nie, hul werk almal saam en deel op die einde!!!!
Waar die vulstasie is edm . word n sekere hoeveelheid brandstof gealokeer vir die spesifieke vulstasie , doen hy geen brandstof aankope vir die volgende twee weke of so nie , weet hulle dis die’ vulstasie eienaar , hy kry in elk geval dan sy rekening vir die volle som en word beboet ens . Het al gebeur , die drywer word nie geskiet nie , werk partykeer saam .
Het geweet hierdie gaan gebeur, hoe duurder brandstof word, hoe meer gaan hulle steel…