35 beseer in Limpopo-ongeluk

Die ongeluk op 27 Maart 2015 by Sebediela-afrit in Limpopo Foto: ER24

Die ongeluk op 27 Maart 2015 by Sebediela-afrit in Limpopo Foto: ER24

Minstens 35 persone is Vrydag op die R101 by die Sebediela-afrit in Limpopo beseer toe ʼn bus en ʼn vragmotor mekaar getref het.

“Van die persone was nog in die wrakke vasgekeer toe paramedici by die toneel opgedaag het,” het Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, in ʼn verklaring gesê. “Die ander pasiënte het in die straat en op die sypaadjie gelê.”

Volgens Bodasing het die persone geringe tot kritieke beserings opgedoen. “Een van die kritiek beseerde persone moes met ʼn helikopter na ʼn hospitaal geneem word,” het sy gesê.

Die ander pasiënte is met ambulanse na plaaslike hospitale geneem.

Die oorsaak van die ongeluk is nog nie duidelik nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

anon ·

ek wili snaaks wees ni dis zebediela ek bly hier op n plaas dis ni met n s ni wel met n z

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.