35+ haastig vir inenting in Wes-Kaap

Pfizer se entstof teen Covid-19. (Foto: Unsplash)

Registrasies van persone tussen 35 en 49 jaar in die Wes-Kaap om die entstof teen Covid-19 te ontvang, stroom in. Byna 300 000 registrasies is binne die eerste vier dae ontvang. Amper 1 miljoen inwoners van alle ouderdomsgroepe bo 35 jaar het ook reeds hier vir die inenting geregistreer.

Die provinsiale wetgewer in die Wes-Kaap het egter Sondag sy kommer uitgespreek omdat baie van die geregistreerdes tussen die ouderdom van 50 en 59 nog nie opgedaag het om hul inenting te ontvang nie.

“Daar is ook baie inwoners ouer as 60 wat nog nie hul tweede dosis van die Pfizer-entstof ontvang het nie. Daarom raai ons nie persone tussen 35 en 49 aan om bloot by inentingstasies op te daag sonder ’n afspraak nie omdat ouer mense eerste gehelp sal moet word.”

Stacy McLean, waarnemende woordvoerder van premier Alan Winde, sê persone ouer as 60 hou die grootste risiko in vir hospitalisasie en sterfte en vind dit moeilik om aanlyn te registreer. “Hulle sal eerste gehelp word.”

McLean sê die wetgewer kan slegs 150 000 inentings per week toedien. Dit sluit egter tweede dosisse in wat ses weke ná die eerste dosis toegedien moet word.

Die wetgewer het ses weke gelede (die week van 31 Mei tot 4 Junie) ongeveer 70 000 mense ingeënt wat nou hul tweede dosis moet ontvang.

McLean sê beplanning is dus baie belangrik in hierdie stadium.

“Ek is vol vertroue dat die tempo waarteen 35-plussers ingeënt word vinnig sal toeneem namate meer entstofvoorraad  beskikbaar gestel word en meer mense ouer as 50 ingeënt word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Aai ·

Solank jy 35 is die dag wat hulle jou inent sal dit nie ‘n probleem wees.

Hendrik Marthinus ·

Hoop jy werk nie en as ek jy is Bly ek op my kniee

SwartBees ·

Ek voel as iemand sy beurt mis om gespuit te word is dit sy eie endaba. Spuit die wat opdaag en klaar.

Leonard ·

Hét ál 2weke terug aangemeld vir 1ste dosis MÀÀR NIKS wás BESKIKBAAR?? Wag maar om COVID-19 te kry!

Danie ·

Goeie werk Wes Kaap. Hoe vinniger almal saam staan en hoe vinniger kan ons moontlik weer onder hierdie inperkings uit kom.

Baardman ·

Stem saam oor inentings, kyk hoe lekker was daar op Wimbledon tennis gekyk en kyk hoe baie mense was gister by die golf. En kyk hoe lekker koop die res van die wereld n wyntjie

Andrew ·

Maar die entsof bied dan nie 100% weerstand nie. So hoe gaan iets verander,mense gaan nogsteeds die virus kan kry?

VaalDonkie ·

nee ons kannie. Want die inenting stuit nie die verspreiding nie. Dit help net dat jy nie emmer skop nie. Ons gaan nog LANK onder huisarres wees.

Deon ·

Party mense sterf steeds na die inspuiting, familie lid van ons oorlede 5 dae terug inspuiting so 4 weke terug gehad…. Onthou die effektiwiteit se persentasie

Erik ·

Wonderlik! Hoe meer mense inentings ontvang hoe beter. Ek sien in Amerika is 99,8% van alle Covid sterftes onder mense wat nie die vaksine ontvang het nie.

Erik ·

Nie seker of jy dalk eerder ‘bron’ as data bedoel het nie? Jy kan op verskeie mediese navorsingsorganisasies se webladsye die inligting kry. Meer betroubaar as facebook.

Elinette ·

Ons 50 plussers is slimmer. Ons weet dat hierdie nie REGTIG ‘n vaksinasie is wat jou van C-19 sal vrywaar nie, maar dat dit bloot ‘n inspuiting is met sekere elemente in, wat jou liggaam op moontlike infeksie voorberei, sodat dit weerstand kan opbou – HOPELIK. As jy gelukkig is, kry jy C-19 dan net in ‘n ligter formaat, wat jou nie suurstof-afhanklik maak nie, sodat jy nie in die hospitaal opeindig nie.

Hendrik Marthinus ·

Dr Ellinette
Volgens jou Hulle seker soda water in gespuit ne
Hoop regtig vir jou part sit jy 100% in huis

VaalDonkie ·

Nee Koos, dit is nie. Entstowwe is nie eksperimentele mRNA-behandeling nie.

Anoniem ·

Meeste vaksinasies in V S A mRNA (net ‘n nuwe manier om dit te doen 2021) die deurbreek doode syfer (gaan lees maar wat dit beteken) 0.01%

Baardman ·

Regering vorder in hulle koppe met die inentingsprogram, op grondvlak gebeur dinge op n slakkepas. Wag nog steeds om ingeent te word nadat ek al n geruime tyd terug geregistreer het.

john ·

Ek is oor 60 en baaie navorsing gedoen Onder my vrinde is profesors in genetica en dokters. So ek val nou nie juis in die groep wat agter social media stories hardloop nie. En ek is nie anti vac nie maar wel anti covid jab .Gee my jab maar an iemand wat dit wel wil he. (ek gebruik nie die woord vacine nie for die covid jab nie )

Erik ·

Vreemd dat byna alle dokters en spesialiste vinnig in die ry gaan val het vir die inenting. Ek ken baie hulle persoonlik.

Belinda ·

Ek gaan eerder nou vir dit voor dit geproduseer word in SA… ek sal dit nooit trust want in hierdie land het niemand meer trots in hul werk nie… as iets verkeerd loop al wat gese gaan word is “Ëish sorry, my bad… “

Erik ·

Jy moenie spuit as jy swanger is nie – dit word so aangedui. Ons weet nie wat die gevolg gaan wees nie, maar ons weet wel wat die gevolge is van Covid. Jy kan sterf daaraan, jou kanse tot diabetes verhoog drasties, daar is selfs mense wat breindood verklaar word, verlam word ens. a.g.v. Covid. Dit weet ons reeds, want ons ken daai mense en die statistiek en bewyse is daar. Kies maar, die vaksine of die gamble met Covid. Ek vat die vaksine.

Leeuwyfie ·

Haastige hond verbrand sy mond.
En diegene wat so propageer vir die ent, ons sien julle, maak nie saak onder hoeveel name julle skuil nie.
Verbeel jou, om dit met alle mag te wil kry sodat jy sonder maskers kan rondloop soos by wimbledon.
Sien jy nie hoe onnatuurlik dit is nie?
Die vrees doen snaakse goed aan mense. Het ‘n masker en tien duisend keer saniteer enigsins gehelp dat mense dit nie kry nie? Nee. So haal maar die masker af. Ons het nou die kerk meer as ooit nodig. Maar party is tog te bly dis toe. Dis ‘n aaklige siekte, maar die vrees maak meer mense dood.

Hendrik Marthinus ·

Jys geregtig op jou opinie
Maar moenie Ander probeer afsit nie
Jy is nou net soos Zuma se kinders, praat reg wat verkeerd is.
As jy nie vaccine vat nie, go for it jou keuse, maar Los die wat dit Wil vat.

VaalDonkie ·

Ek wil weet hoekom al die celebs nou ewe skielik Covid het.

Karin ·

En rugby spelers wat ook ingeënt is….. laat mens wonder né

Erik ·

Karin, jy kan Covid kry as jy ingeënt is. Ons almal weet dit tog teen die tyd. En rugbyspelers en celebs is presies dit, celebs, daarom is dit nuuswaardig wanneer hulle positief toets (nie noodwendig my opinie nie, maar dit is wat gebeur).

Danie ·

Jammer maar ek het nog nie een keer gelees of gehoor dat n dokter rapporteer dat mense deesdae van vrees doodgaan nie.
@chrils, jy kwalifiseer as jy 35 is, nie 34 en soveel dae of maande nie, 35+.

Elize ·

Hoekom wag vir mense wat nie wil ent nie, en mense wat wel wil ent dan wegwys.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.