3,5 miljoen belastingopgawes reeds ingedien

Argieffoto

Individuele belastingbetalers het nog tot 4 Desember kans om hul persoonlike belastingopgawes deur eFiling of die SARS MobiApp in te dien.

Die sperdatum is van toepassing op nie-voorlopige belastingbetalers en voorlopige belastingbetalers wat kies om hul opgawes by ʼn tak in te dien. Voorlopige belastingbetalers wat van eFiling gebruik maak, het nog tot 31 Januarie 2020 kans om hul opgawe in te dien.

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het in ʼn verklaring gesê teen middernag op 27 November is 3 514 842 miljoen opgawes reeds ontvang (deur eFiling, MobiApp en by SAID-takke). Ongeveer 65% van die opgawes is elektronies ingedien. Meer as 500 000 agterstallige opgawes is sedert die aanvang van die belastingseisoen op 1 Julie ontvang.

Altesaam R21,3 miljard is sedert 1 Julie 2019 terugbetaal aan belastingbetalers.

Volgens die SAID is eFiling 24 uur per dag, sewe dae per week beskikbaar. Belastingbetalers kan ook van die SARS MobiApp (vir Android of iOS-toestelle) gebruik maak. eFiling het gemiddeld 25 000 opgawes per dag hanteer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Se Ek Ok ·

@tg Mag ek vra, teenoor hoeveel ander begunsdigdes? En dan R21,3 Miljaart is terug betaal , aan belasting betalers Dus:
R 21,3Mijaart / 3 514 842 Begunstigdes
= R 6 060.00 is per persoon, wat belasting betaal het, terug betaal. n Sassa pensioenaris wat al sy of haar lewe belasting betaal het kry R20 400.00 per jaar. Dus is die terugbetalings aan belasting betalers is 1/3 van wat pensioenarise per jaar kry. Kom laat ons sien hoe betaal jy al jou onkostes + n mediese skema wat jou R60 240.00 per jaar kos. Hou op kla.

Pieter ·

Vir 25jaar finansier ons belasting betalers die korrupte ANC ek sal geen belasting op gawes in dien nie sal dit nou op my manier doen ons moet eerlik wees maar hulle is korrup ek het klaar die korrupte ANC gefinansier ons blankes is goed vir niks volgens die ANC nie maar ons belasting geld is goed genoeg

Andre Coetzee ·

Daar is huidiglik 17.5 mil SASSA begunstiges.Ek voorspel ‘n drastiese afname in belasting betalers in die volgende 2 jaar en meer.Volgende jaar Februarie kom rommel status en dan liewe vriende gaan die goedjies die waaier voluit begin tref.

Spook ·

Sewentienmiljoen kry SASSA, slegs 3,5 miljoen wat belasting betaal, het al hul opgawes ingedien. Korrupsie en oorbevolking het die regering nou in n hoek gedruk.

Riaan ·

Vraag is? Uit die totale bevolking ,hoeveel aktiewe belasting betalers is daar,en hoeveel sassa trekkers is daar.

Johanna Botha ·

Daar is 15 miljoen visas uitgegee aan mense wat hulle weet die land nognie verlaat het nie ….wat van al die onwettige mense wat oor die grense stroom …..dit kom maklik tot 20 miljoen ….iets gaan moet meegee wat die geldjies is op anc ! En dit het onder julle beheer gebeur !

Kallie ·

Die aantal mense wat opgawes indien word minder. Emigrasie en werkverliese eis nou sy tol.

Jan ·

Bly om te hoor van die 3,5 milj opgawes. Hoop die ander 50milj dien in voor 4 Des

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.