356 diere uit troeteldierwinkel gered

Foto: Nelspruit DBV/Facebook

WAARSKUWING: Foto’s onderaan die berig kan sensitiewe lesers en kinders ontstel.

Die dierebeskermingsvereniging in Nelspruit het vandeesweek 356 diere uit ʼn plaaslike troeteldierwinkel gered ná herhaaldelike waarskuwings geïgnoreer is.

ʼn Woordvoerder vir die DBV het gesê ʼn lasbrief is bekom om die diere uit die haglike omstandighede te red. Klagtes word by die polisie aanhangig gemaak vir oortreding van die Wet op Dierebeskerming.

“Ons sukkel al ʼn ruk lank met dié troeteldierwinkel. Ons het verskeie inspeksies gedoen om raad te gee en die omstandighede van die diere te verbeter. Die probleme was telkens dieselfde,” lui die verklaring. “Daar was altyd te veel voëls in die voelhokke, talle diere het nie kos of water gekry nie, of die water was uiters vuil. Daar was siek en beseerde diere, hokke waarvan die drade uitgesteek het, spesies wat onversoenbaar is, is saam in hokke gesit, en daar was swak beligting en swak ventilasie.”

Die fasiliteit was glo ook uiters vuil met onbekende materiaal, spinnerakke, vlieë en dooie kokkerotte. “Die hokke is klaarblyklik nooit skoongemaak nie.”

Foto: Nelspruit DBV/Facebook

Die DBV het die afgelope paar maande op verskeie klagtes van die publiek reageer. “Ons het sedert September 2019 vier omvattende waarskuwings uitgereik en daar was bitter min verbetering. Tydens ons laaste ondersoek het ons op pasgebore muise in ʼn hok afgekom ná hul ma gevrek het. Ons het ook beseerde voëls gevind en voëls wat siektes opgedoen het.”

Nelspruit DBV bedank Barberton DBV en Witrivier DBV vir hul bystand.

“Ons is hier om dieremishandeling te voorkom. En dit is wat ons sal doen. Ons sal nie toelaat dat diere ly nie. Ons sal hul stem wees.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Blikkantien ·

Skokkend! Ek haal my hoed af vir die DBV personeel wat hierdie tipe tragedies gereeld moet aanskou. Dit is baie traumaties.

Mellissa ·

Die backyard breeders gee nie om oor die diere nie net die geld…maar hoekom vat dit so lank vir die DBV om iets te doen hulle weet al van SEP daar is issues 5 maande. hoeveel diere het gely want hulle het waarskuwings gegee? ek meen 5 maande ????

Jackyr ·

Ongelukkig is daar reels en prosedures wat die DBV moet volg om hulself te beskerm. Want verwyder hulle die diere dadelik, dan is daar mense wat skree dat hulle die plek eers moes waarsku en kans gee om als reg te maak. Nou is daar bewyse dat die plek na vele waarskuwings, nie belang stel om die omstandighede te verander nie= n sterker saak vir die DBV.

Diva ·

Sulke mense wat mens genoem word…
Ek wens so hulle moet in dieselfde walglike toestande ook bly en voel… Ugh my bloed kook.

Vriendelike Frikkie ·

Hulle doen waarskynlik en hou daarvan. Dis hoekom hulle die diere ook so hanteer.

ElizeK ·

Hoekom word die eienaar of bestuurder se gesig nie gewys nie. Hoekom word die soort ALTYD beskerm.

Vida ·

Ek het onlangs my honde soontoe geneem om geskeer te word en hulle het vol lelike beserings teruggekom. En tog sien ek vanoggend (Saterdag) dat die besigheid nog oop is. Regtig tragies

Gawie ·

Wat van al die winkel se klante wat elke dag soontoe gaan – kon niemand enige onraad vermoed nie? Of is hierdie ‘n geval van bo blink onder stink?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.