36 leerders glo vir dagga geskors

(Foto: Skermskoot)

Altesaam 36 leerders aan die Leondale Sekondêre Skool in Germiston, Gauteng, is geskors nadat hulle glo dagga op die skoolterrein gerook het.

In ʼn video wat op sosiale media versprei word, kan gesien word hoe die betrokke leerders dagga rook.

Panyaza Lesufi, die Gautengse LUR vir onderwys, het Vrydag die skool besoek en bevestig dat die voorval op die skool se terrein plaasgevind het.

Die leerders sal na verwagting Maandag dissiplinêr verhoor word.

In ʼn video wat op sosiale media versprei word, kan gesien word hoe die betrokke leerders dagga rook (Foto: Skermskoot)

Lesufi het die skool se beheerliggaam opdrag gegee om ondersoek in te stel om uit te vind hoe die leerders die dagga in die hande gekry het. “Ons wil weet wie dit [dagga] verkoop, versprei en wie beïnvloed ons kinders om dit te gebruik,” het Lesufi Vrydag aan die skool gesê.

Volgens Lesufi sal hulle dan ’n klag teen dié betrokke persone by die polisie indien.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

SjN ·

Die owerheid het die pappegaaislaai gewettig, kry vir jou ou Lefoefie.

Jo ·

Dit is niks nuut! Nou dat hulle uitgevang is, is dit n probleem ?

Misky ·

Ag Lesoufie, dit groei sommer in die ouers se agterplase en dis mos gewettig. Hulle gaan pluk na willekeur soos ek sal vars kruie pluk.

Christine ·

Die dagga maak hulle aan die slaap, daarsonder rand hulle die onderwysers aan.

maruis ·

Die LUR se besluit dat minderjariges nie verantwoordelik gehou kan word vir die besit van dagga nie het hulle mos die reg gegee om dit te gebruik ook. Moenie nou begin met ondersoeke nie want volgens julle is dit hulle reg.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.