36 sterf ná uitbreking van dodelike siekte

Minstens 36 mense het in Suid-Afrika aan listeriose gesterf en daar is vanjaar al 557 laboratorium-bevestigde gevalle van dié siekte aangemeld.

Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid, het Maandagoggend tydens ʼn mediakonferensie die uitbreking van listeriose bevestig. Motsoaledi het gesê die departement glo die waarskynlikste bron van dié uitbreking is die besoedeling van kos by die oorsprong daarvan, soos plase en voedselverwerkingsaanlegte.

Volgens Motsoaledi is dié siekte baie ernstig, maar kan wel behandel en voorkom word. Dit word veroorsaak deur die bakterie Listeria monocytogenes. Dit word wyd versprei in die natuur en kan in grond, water en gewasse voorkom. Diereprodukte en vars produkte soos vrugte en groente kan ook met dié bakterie besmet word.

Motsoaledi het gesê dié siekte kom elke jaar in Suid-Afrikaanse hospitale voor met ʼn gemiddeld van 60-80 gevalle wat jaarliks behandel word. Dokters van Chris Hani Baragwanath-hospitaal in Diepkloof, asook Steve Biko- akademiese hospitaal in Pretoria het egter in Julie vanjaar die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) in kennis gestel van ʼn ongewoon hoë getal babas met listeriose.

Daar is volgens Motsoaledi sedert 1 Januarie 2017 tot 29 November 2017 altesaam 557 gevalle aangemeld. Uit dié gevalle is 34% van die gevalle vanuit privaat hospitale en 66% uit openbare hospitale. “Gegewe dat slegs 17% van Suid-Afrikaners privaat gesondheidsgeriewe gebruik, is die aantal gevalle te hoog. Dit beteken dat die bron van die uitbreking waarskynlik ʼn kosproduk is wat wyd onder mense van alle sosio-ekonomiese groepe verbruik word,” het Motsoaledi gesê.

Die meeste gevalle is in Gauteng (62%), die Wes-Kaap (13%) en KwaZulu-Natal (7%) aangemeld.

Motsoaledi het gesê uit die 557 gevalle is die departement bewus van 70 van die gevalle se uitkoms. “Uit die 70 is 36 mense al dood,” het Motsoaledi gesê. Die oorsaak van die uitbreking word tans ondersoek.

Listeriose gaan gepaard met simptome soortgelyk aan griep soos diarree en koors, lyfseer, braking en swakheid. Dit kan lei tot die infeksie van die bloed wat septisemie genoem word of meningo-ensefalitis wat inflammasie van die brein en omliggende weefsel insluit.

Die wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) het die volgende vyf punte vir voedselveiligheid geïdentifiseer:

  • Was jou hande voor en terwyl jy kos voorberei.
  • Hou rou en gaar kosse apart van mekaar.
  • Maak kos deeglik gaar en moet nooit halfgaar of rou kosse eet nie, veral nie vleisprodukte nie. Kos wat rou geëet kan word, moet deeglik onder lopende water gewas word. Gesinne wat nie toegang tot lopende water het nie, moet eers hul water kook.
  • Berg kos by veilige temperature.
  • Gebruik veilige water vir huishoudelike gebruik en gebruik gepasteuriseerde melk. Indien pasteurisasie nie moontlik is nie, moet die melk gekook word voor gebruik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Lee ·

Seker die vrot besoedelde water agv swak werkende Munisipaliteite… ??

Michal Groenewald ·

Met die verhoogde trant van besoedeling van ons waterbronne deur munisipaliteite se onvermoë om te voldoen aan hul riool aanleg lisensies en dit is as daar lisensies is… sal hierdie een van die gevolge wees, maar sal die toekoms groter en erger siektes ontbloot, maar weereens as dit te laat is.

Cor ·

Jip en dan nog die onbeheerde en korrupte grensposte waar al die peste en siektes vanaf Afrika die land instroom.

Johan ·

Slaat jy die spyker so op sy kop. Die minister mag dit net nie sê nie anders is daar chaos. Ek haal aan – “Dit beteken dat die bron van die uitbreking waarskynlik ʼn kosproduk is wat wyd onder mense van alle sosio-ekonomiese groepe verbruik word,” = Water

LB ·

Voeg by die bekende “spoeg-burgers” wat verkoop word…Ek betwyfel die slim minister se siening dat die besmetting vanaf plase ook afkomstig kan wees.

Johann ·

ANC LEGACY! Geen beheer of kontrole oor basiese prosesse en regulasies wat veronderstel is om ons te vrywaar van siektes en peste en epidemies nie. Of dit of hulle “verloor” mense tydens n massamoord skuif van weerlose pasiënte. Maar die ssllim ANC WIL n Nasuonale Gesondheidsprogram uitdruk?????

Chris Noordkus ·

Voeg by, gesondheids inspeksies van voedsel persele wat ook nou iets van die verlede is,

marous ·

60 -80 gemiddeld word nou 557 ? Wie se skuld is dit ? Jan v R sekerlik want hy het nie sy skepe vol gesondheids inspekteurs gelaai nie.

M'Lady ·

Minister, listeriose is afkomstig van water wat riool afval bevat. Nog n “good story to tell” via die ANC.

DAVID Walker ·

Hoekom het ons nie ‘n FOODWATCH, in Suid Africa nie, wat ons vroegtydige waarskuwings kan gee, hoekom eers na 36 mense al dood is ??

Marlene Pretorius ·

BAIE goeie nuus brokkies geniet dit om die news paper te lees.
Kan nie genoeg kry nie.
Dankie

John ·

?… nee, dis apartheid se skuld of lekker-ou-jan s’n…
Onthou julle nie… toe die spul wittes daai tyd sulke groente-tuine in die Kaap, dis nou onse eige kaap, aangele het en toe antie ~ wat was haar naam nou weer?…

Darius Els ·

Gesondheidsinspekteurs ?Laas gehoor van sulke mense pr 1994,toe munisipale rade nog sonder vergoeding gekies is.
Minister van GESONDHEID ? Met n graad in welsyn?
Die einste ,nepotistiesse NDZ ,wat president WIL WEES ,wil geen grense tussen lande in Afrika he nie!
Seker om beter beheer oor meer geld te kan kry.

Michelle ·

Gesondheidsinspekteurs word net gebruik vir restuarante ens… beteken nie veel nie. Wet moet ingestel word dat alle produsente en vervaardigers n voedselveiligheid stelsel moet implimenteer wat jaarliks deur die SABS, NRCS of onafhanklike geakkrediteerde instansies geoudit word.

pieter ·

ja nee wraggies, nou word ons boere weer geteiken. Hoof oorsaak, besoedelde en onbehandelde water veral rioolverwerkte NB water wat gedrink word deur of mens of dier of voedsel wat daarmee geplant en natgelei en dan geeet word.

Chris Kotze ·

Empieries bewysde oorsake. Ondersoek analiese doemlikheidstudie deur spesialis kundiges op hul gebied met statistiese betedenering van oorsake en oplossimgs. Hoeveel oplosings het ons ministers al suksesvol kon uitsorteer en implementeer. Wat is die kealifikasie van Mimisters en staatsamptenare. So lys dal seker niks beteken nie want alles is word vervals. Minister waar in die wêreld kom hierdie probleem voor en hoe voorkom hulle dit ens. .Wat is jou probleem vra vir Shina of Rusland. Minister jy het nounet 200 of meer mense geestelik versteurde pasiente laat sterf dit was ‘n groep efford. Do minister jy en die groep project team is dus gesamentlik aanspreeklik. Julle kan nie eers implementeer wat voorgeskryf word mir nou probeer jy uit jou droomland bewerings maak asb julle hele lot is onbevoeg. Ek kan ongelukkig glad nie verstaan nie. Bedank liewer julle hele lot hoeveel misdadigers het gestetf in die tronke of kry julle net die beste skoonste water en kos. Asb

Loe ·

Die opskrif het my onmiddelik laat dink aan Psalm 91 In die beskerming van die Allerhoogste. 5. Jy hoef nie vrees vir die skrik van die nag, vir die pyl wat bedags vlieg nie. 6 vir die pes wat in die donker wandel, vir die siekte wat op die middag verwoes nie.

Slaan ag op die waarskuwing, beter versigtige jan as dooie jan.

Linda van Mosselbaai ·

Die meeste gevalle kom in Gauteng voor. Ek dink daar moet meer inligting aan die publiek verskaf word – asseblief ons wil weet waar die mense gewoon het wat oorlede is. Sodat die mense wat in daardie ongewing bly MEER versigtig kan wees,

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.