37 hospitaal toe ná hulle saam eet

(Argieffoto: ER24)

Altesame 37 mense, onder wie kinders, is Woensdagaand gehospitaliseer nadat hulle almal van dieselfde gereg geëet en vermoedelik voedselvergiftiging opgedoen het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, sê nooddienste is na Seawinds op die Kaapse Vlakte in die Wes-Kaap ontbied nadat ʼn aantal inwoners skielik siek geword het.

Paramedici het om 22:10 by St. Patrick-laan aangekom en ʼn aantal mense en kinders om twee HOP‑huise aangetref.

“Dit word beweer dat die inwoners in die gebied siek geword het nadat hulle ʼn ete wat deur iemand in die gemeenskap voorberei is, geëet het.”

Die siekes het almal gekla van maagkrampe, naarheid en braking wat vermoedelik verband hou met voedselvergiftiging.

“Al die pasiënte is vlugtig op die toneel behandel waarna hulle na plaaslike klinieke geneem is,” sê Meiring.

Owerhede was ook op die toneel en ondersoek die saak verder.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Prikkie ·

‘n Mens is so op Covid ingestel, dat hierdie voorval nou amper ‘n mens ‘n bietjie terugskok na die werklikheid.

Alle ander siektes bestaan nog, dit is net nie meer so dikwels in die kollig.

SlinkseKoljander ·

Dit is dalk `n goeie plan, ons mense soek moes alles verniet. Nou sal hulle dalk self werk vir hulle kos.

Frank John ·

Seker weer beurt krag so yskaste werk nie om kos vars te hou nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.