38 beseer in Krugersdorp-busongeluk

ambulansAltesaam 38 mense, hoofsaaklik skoolkinders, is Vrydagoggend beseer nadat ʼn bus in Krugersdorp, Gauteng omgeslaan het.

Volgens Santi Steinmann, ʼn woordvoerder van Netcare 911, het die ongeluk omstreeks 07:00 by ʼn kruising in Main Reefweg plaasgevind. “Die skoolkinders is tussen die ouderdom van ses en 13,” het Steinmann gesê. Die busbestuurder is ook in die ongeluk beseer.

Die beseerdes is op die toneel behandel en na verskeie hospitale in die gebied geneem vir verdere behandeling en waarneming.

Die oorsaak van die ongeluk is nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.