38-jarige vas wat glo oor diefstal jok

Argieffoto

ʼn 38-jarige man is in hegtenis geneem op aanklag dat hy ʼn vals saak wou oopmaak, het die polisie in KwaZulu-Natal Dinsdag gesê.

Die polisie in ʼn verklaring gesê die verdagte het aangevoer hy het op 3 Augustus sy motor naby die M4-snelweg parkeer om werkers by ʼn plaaslike konstruksieperseel te betaal. Terwyl hy na die werkers toe gestap het, het twee gewapende rowers hom oorval wat hom van ʼn sak en sy selfoon beroof het. Die man het aangevoer die twee het met die sak vol geld in ʼn wegkomvoertuig van die toneel gevlug.

“ʼn Saak van gewapende roof is by Durban-Noord-polisiestasie aanhangig gemaak vir ondersoek. Deur die loop van die ondersoek het die ondersoekbeampte vinnig bepaal dat die verdagte se storie nie ooreenstem met die beskikbare bewyse nie en dat die saak vals is.”

Die man staan tereg op aanklag van dwarsboming van die gereg. Hy sal binnekort in die Durban-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

NICKEY / GAUTENG ·

O, genade innige simpatie met die metro polisie lid wie die “beweerde ” dronk bestuurder
in die blaker gepiets het. Hy sal seker nou aan gekla word van moord,,, die “brein/ blaker ”
beheer belis daai ou se asemhaling.
Mooi so.

Kriekie ·

Mag ek vra wat die persoon se ouderdom met die misdaad te doen het, sodat dit luid in die opskrif moet voorkom?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.