39-jarige verongeluk met motorfiets in Oos-Kaap

Argieffoto (Foto: AlexVan, Pixabay)

Quintus van Wyk (39) het Saterdagoggend gesterf tydens ʼn motorfietsongeluk op die R75 naby Despatch, in die rigting van Port Elizabeth.

Kapt. Gerda Swart, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die ongeluk het omstreeks 11:45 plaasgevind.

Van Wyk, van Algoa Park in Port Elizabeth, het na bewering beheer verloor oor die motorfiets en het geval. Hy het noodlottige beserings opgedoen en is op die toneel dood verklaar.

Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.