4 000 plunder glo Rustenburg-winkelsentrum

Rustenburg. Foto: SunCity.hotel.co.za

Rustenburg. Foto: SunCity.hotel.co.za

Nagenoeg 4 000 mense het tussen Sondagaand en Maandagoggend ʼn hele winkelsentrum in Rustenburg geplunder en verskeie huise en ʼn gemeenskapsaal aan die brand gesteek.

Kapt. Thulani Ngubane, ʼn polisiewoordvoerder, het Dinsdag aan Maroela Media bevestig die groep mense het Sondagaand om middernag by die winkelsentrum, langs Impala Platinum (Implats) se skag-9, bymekaar gedrom nadat die saal aan die brand gesteek is.

Ngubane het gesê vier verdagtes verskyn Dinsdag in die hof in verband met die voorval. Skade by die winkelsentrum is nog nie bereken nie.

Dit is nog nie bekend wie die plunderaars is nie, maar daar is ʼn sterk vermoede dat die voorval met die voortslepende Amcu-staking verband hou. Nagenoeg 80 000 Amcu-lede staak al vir langer as drie maande by Lonmin, Implats, en Anglo American Platinum (Amplats) en is sedertdien nie lone of salarisse betaal nie. Hulle eis ʼn intreevlaksalaris van R12 500.

Maroela Media het vroeër berig dat Fikile Mbalula, minister van sport, Sondag ʼn verkiesingsveldtog by Vryheidspark skielik moes verlaat toe Amcu-lede gewelddadig geraak het. Mbalula het glo na die tyd gesê die ANC sal nie deur wetteloosheid geïntimideer word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Pieter ·

Toe die bordjies verhang het was dit die ANC wat met wetteloosheid die regering geintimideer het. Die warmsitplek word net warmer…

alet ·

Kry vir julle alles word verniet gegee nou vergryp die barbare hulle laat die hoogheid. Zuma hulle gaan toe spreek of is hy bang dis sy plig om orde in sy land in te bring en self te gaan aan spreek

Marius Durandr ·

Afrika annargie, en die polisie doen niks , Wolmarnsstad het polisie selfs die bande voorsien aan die oproeriges. Hierdie was net 4 000, wag totdat dit 40 000is en die SANDF met al sy aids draers moet kom help, hulle gaan beslis saamsteel. ANC slogan, together we can steel more.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.