4 500 Wes-Kaapse polisiebeamptes glo nie vuurwapenbevoeg

Argieffoto: Phillip Bruwer

Meer as 4 500 Wes-Kaapse polisiebeamptes het glo versuim om hul vuurwapenbevoegdheidstoetse te voltooi.

Só het Mireille Wenger, die DA se woordvoerder oor gemeenskapsveiligheid in die Wes-Kaap, Woensdag gesê. Volgens Wenger is die polisie se provinsiale skietbaan nie ten volle operasioneel nie en is daar ook ʼn tekort aan ammunisie.

“Die totale aantal operasionele polisiepersoneel in die Wes-Kaap is 16 467 volgens Junie 2017 se syfers. Dit beteken dat die 4 556 SAPD-beamptes in die 2017/18 finansiële jaar nie hul vuurwapenbevoegdheidstoetse voltooi het nie, wat neerkom op 27,6%,” het Wenger gesê.

“Dit impliseer dat net meer as ʼn kwart van operasionele SAPD-beamptes nie vuurwapenbevoegdheidstoetse voltooi het nie.”

Volgens Wenger is dit die hoogste aantal polisiebeamptes wat nie vuurwapenbevoegdheidstoetse voltooi het nie in die afgelope drie jaar. In 2015/16 het die getal op 3 979 gestaan, wat in 2016/17 verbeter het tot 3 101.

Polisiebeamptes wat nie hul vuurwapenwapenbevoegdheidstoetse voltooi nie, het ingrypende gevolge. SAPD-beamptes wat nog nie bevoeg is om ʼn vuurwapen te gebruik nie, word gewoonlik opdrag gegee om hul vuurwapens in te handig. Dit beteken dus polisiebeamptes is aan diens wat nie gewapen is nie.

“Nog ʼn groot bron van kommer en moontlik ʼn bydraende faktor tot hierdie getalle, is die feit dat daar net een SAPD-skietbaan in die provinsie is en dié skietbaan ervaar ʼn tekort aan ammunisie. Dit is uiters kommerwekkend om te verneem dat die enigste skietbaan in die provinsie nie eens ten volle operasioneel is nie, weens ʼn tekort aan ammunisie en veiligheidskwessies wat nog reggestel moet word,” het Wenger gesê.

“Dit is noodsaaklik vir operasionele polisiebeamptes om vuurwapens te besit, hul skietvermoë te oefen en vuurwapenbevoegdheid te verseker. Die gevolg daarvan om nié hierdie doel na te jaag nie is dat polisiebeamptes bang kan wees om in misdaadgeteisterde gebiede in te gaan, omdat hulle nie die toerusting het om hulself te verdedig nie, wat nog te sê van die gemeenskappe wat afhanklik is van hul dienste.”

Wenger het gesê die SAPD se versuim om te verseker dat duisende polisiebeamptes bevoeg is om hul vuurwapens te hanteer plaas alle Suid-Afrikaners in gevaar – ʼn kommerwekkende en totaal onaanvaarbare situasie. “Ek sal daarom met die provinsiale staande komitee oor gemeenskapsveiligheid in gesprek tree om te versoek dat ʼn oorsigbesoek aan die skietbaan gebring word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Voorstel ·

Ek stel voor dat, soos die EFF ingegryp het met die kwalifikasies vd Tshwane personeelhoof, hulle dit ook hier doen. Hierdie polisie ‘gaan oorlog toe sonder ‘n vuurwapen’ . . . ai tog . . .

Alida ·

Dit verbaas niemand nie want die regering skep werk en gee werk aan onbevoegde onopgeleide werksoekers net om die syfers te laat klop. Dit is ‘n gruwelike skande !!!!

bgj van der westhuizen ·

dit is belaglik sapd dit is ook swak bestuur

Wonder ·

Niks skok my meer nie. Ons sal ons kinders oorsee moet stuur vir weermag en polisie opleiding! Want hier gaan geen mens ordentlike opleiding kry nie.

Johan. H. ·

Dan laat julle die lotte los op die onskuldige publiek,, Dis eintlik hoog veraad,,, want ek wat n wetsgehoorsame sivielle burger is word gejag ,,deur die uwe, sou ek n voetjie skeep sit, Die woord “Hypocrats” is hier van toepassing,,,Maar dis goed die publiek weet dit nou ,sou daar n skuldige of onskuldige persoon deur julle geskiet word,,,Hier kom baie sivielle eisse, !!

Cherokee ·

Ek hoop op my regtigste dat die woordvoerder verkeerd aangehaal is toe gesê is dat ‘SAPD-beamptes wat nog nie bevoeg is om ‘n vuurwapen te gebruik nie, word gewoonlik opdrag gegee om hul vuurwapens in te handig.

Daar is soveel verkeerd in daardie stelling!
Waarom, as hulle nie bevoeg is nie, het hulle vuurwapens om in te handig?
En waarom ‘gewoonlik’ maar nie ‘altyd’ nie?

Waarom voer joernaliste onderhoude sonder om die relevante vrae te vra?
Daardie sin sê duidelik dat onbevoegte polisielede toegelaat word om wapens te dra.

Koos de Meyer. ·

Nog ‘n manier van die regering om hulle plig te ontduik. Hulle het geen prioriteite nie, uiters swak en so neem die wetteloosheid toe in ons land toe. Wat
‘n skande. Dis net so goed of jy gaan oorlog toe sonder ‘n geweer.

SjN ·

Dit kos die wetsgehoorsame burge n klomp geld vir hernuwing van lisensies, bevoegdheid ens. Die situasie kan slegs aan onbevoegdheid toegeskryf word.

Skietyster Ystervark ·

En welke persentasie polisiebeamptes weet en verstaan wat die wet bepaal wanneer en hoe hulle die vuurwapens moet en mag aanwend? Het hulle sodanige eksamens afgelê? Die probleem lê by vrotsige leierskap en swak dissipline. Skrikwekkende opset. President Ramaphosa het werk om te doen.

PATETIES ·

Maar dis nou die manne wat ons moet beskerm en verdedig?? Geen wonder ‘n paar ouens wat in ‘n kerk wegkruip maai ‘n hele polisiestasie af nie. Hoe pateties?? Ek as lid van die publiek moes deur die strengste toetse gaan, teorie sowel as prakties om my vuurwapenlisensie te bekom .. ek moet elke 5 jaar weer aansoek doen daarvoor maar die POLISIE het nie hulle s’n geslaag nie?? DIT IS SKOKKEND!! Die ANC maak asof hulle beter as die apartheidsregering is maar NIKS werk beter nie, daar is ‘n klein handjievol wat by die NUWE SA baat, die res tjop al die pad af en die POLISIE SONDER vuurwapenbevoegdheid moet ONMIDDELLIK ontslaan word want hulle moes eintlik nooit aangestel gewees het nie.

Demografie ·

Dit is omdat die POLISIE DIE DEMOGRAFIE van die land moet verteenwoordig soos by alle staatsdepartemente DIT IS HOEKOM NIKS WERK NIE> Stel die beste ou vir die werk aan en LOS NOU RAS EN VERKLEUR vir eens en vir altyd uit. . HOEKOM moet enigiets demografies verteenwoordig word as een nasie 45 miljoen meer is as die ander???

Elize ·

Hoe ironies ne! Die wat in Gauteng wel bevoeg is, se wapen word afgeneem want daar was ‘n interne konsternasie met die SAPD se papierwerk. Nou moet die lid dit ontgeld, en word daar nou gesloer met die nodige om hom sy wapen weer terug te gee. Dit is ‘n grap man! Solidariteit is in die geval ook useless waar hulle daagliks vol beloftes is……ja beloftes van niks doen nie, maar boeta is hulle nou vinnig om die lid te bel vir ‘n bydrae vir die armes, vrouens en kinders en en en………..jou geld altyd beter as die hulp wat jy kry.

Mrs H ·

Nou kom Elize, kom help dan? Daar is soveel werk van allerhande korrupte kante af, maar min hande. Klink of jy al die oplossings het. Kom help asb en sit alles op die tafel vir bydrae toe?

Elize ·

O ja en dan moet ek byvoeg, die betrokke lid is die beste skut by sy instansie……weird ne!

Johann ·

No way! Rerig? In die SA POLISIE? Onbevoegd?

Iemand oordryf weer, onbevoegdheid is die LAAAAASTE ding wat van toepassing is op die NUWE SA ampsdraers (en geweer draers)

Iemand probeer weer stories versprei oor wat werklik in SA aan die gang is. Nou moet arme Lindiwe Sisule weer vir almal se dis lekker hier en veilig en beskaafd…

Johann ·

So DIS hoekom die Polisie “monitor”…. onbevoeg en ongewapen. Geen wonder hulle MONITOR net!

Johan. H. ·

Moet amper saamstem met Elize,, Sien nog geen van die gavvvament se kriminele in oranje snyers pakke nie,,Ons wag!!

Jannie ·

Asof dit ń straf is as hy sy vuurwapen moet inhandig. Dit plaas net meer druk op sy mede kollega wat wel bevoeg is en operasioneel aangewend kan word.

Oom Kalahari ·

As die bettokke of uitgewysde lid noe ‘n vuurwapen bevoegdheid hey nie dan beperk hul tot stasie pligte. Hul kan aanklag kantoor dienstes verrig, Klagstate saamstel, gevangenisse in aanhouding kontroleer en versorg asook wagstaan tot beskerming van perseel en toesien oor die instandhouding van perseel, voertuie en brandstof aanvullings diens aan die voertuie op pad. Lede moet aktief aangewend word waar nodig tot verdere kwalifikasies na buite uitgevoer en voltooi is.

Cherokee ·

Daar behoort ook vasgestel word of bankrowers en transitorowers, wat ooglopend ‘n beroep op eie is, bevoegdheidsertifikate vir vuurwapens besit, anders moet hul vuurwapens ook ingeneem word.

Lalala ·

Net so goed jy sit ‘n komediant in ‘n IT-winkel…lagwekkend! Ek ken Polisielede van “toeka” tot “nou” – GEEN VERGELYKING! Die huidige lede wat wel iets beteken is ‘n handjievol met kwaliteit-opleiding, die res is net sigbaar vir salaris!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.