4 buitelanders in Constantia doodgeskiet

Argieffoto bloot ter illustrasie van ‘n misdaadtoneel. (Foto: Unsplash)

Wes-Kaapse speurders en beamptes van die polisie se forensiese laboratoriumdiens fynkam tans ’n toneel in Constantia, Kaapstad, waar die liggame van vier buitelandse burgers Donderdagoggend met skietwonde gevind is.

Die slagoffers is vermoedelik van Bulgarye en is tussen 40 en 50 jaar oud.

Kol. Andrè Traut, polisiewoordvoerder, sê beamptes is vanoggend na die toneel in Constantia ontbied nadat die liggame van twee mans en twee vroue omstreeks 08:20 gevind is.

Traut sê die motief vir die moorde is nie in dié stadium bekend nie en die polisie het nie dadelik verdere inligting bekend gemaak nie.

Speurders verbonde aan die polisie se eenheid vir ernstige en gewelddadige misdaad fynkam egter vanaf vanoggend die toneel op soek na moontlike leidrade.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Jack ·

Niemand word ontsien in die land nie.My ervaring is dat buitelanders wat hier kom vakansie hou nie ‘n benul het van hoe geweldadig die land is nie.Bloot omdat hulle dit nie ken.Hulle verstaan nie en kan nie hulle indink hoe mense mekaar net kan leed aandoen en wegloop asof dit geen probleem is nie.In hulle eie lande is dit ongeken.Maar hulle gaan ontnugterd terug en vertel die storie van geweldadige Suid Afrika.

Harley Davidson ·

Mense kom na ‘n mooi land en loop hulle dan vas in ‘n misdaad hool pleks luister hulle na wat pres Trump te sê het oor Afrika.

Martin ·

Tien teen een Drug Cartel issues say no more… Polisie sal beter weet.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.