‘4 dae van rou vir Goldberg’ – Ramaphosa

Pres. Cyril Ramaphosa en Denis Goldberg (Foto: Twitter)

Pres. Cyril Ramaphosa het Vrydag vier dae van rou vir die bekende anti-apartheidaktivis en skrywer Denis Goldberg afgekondig.

Maroela Media het vroeër berig Goldberg is vroeër vandeesweek in die ouderdom van 87 jaar ná ʼn lang kankerstryd dood. Goldberg was een van dié wat saam met Nelson Mandela en ander anti-apartheidsaktiviste tydens die berugte Rivonia-hofsaak verhoor is. Hy is in 1964 skuldig bevind aan hoogverraad en saam met agt ander aktiviste tot vier keer lewenslange tronkstraf gevonnis.

Ramaphosa het vanoggend in ʼn verklaring gesê die landsvlag sal van Vrydag tot Maandag halfmas by elke polisiestasie in die land hang uit respek en roubeklag vir Goldberg.

“Ons kan nie in hierdie tyd [weens die Covid-19-pandemie] persoonlik en in ons getalle afskeid neem nie. Mag die stille gebede en dankbaarheid van die mense van Suid-Afrika sy dapper en patriotiese siel na sy finale rusplek vergesel,” het Ramaphosa gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Burgermeester ·

Ek wou ‘n sarkastiese opmerking gemaak het, maar my kreatiwiteit ontgaan my op die Vrydag-middag, … so ek wens alle Maroela Media Personeel, mede-lesers, sowel as mede- siniese kommentators ‘n wonderlike naweek toe. Wees veilig maar tog kreatief.

Michael 1 ·

Dit is goed so hulle kan hulle helde vereer solank ons ook n 3 dae van partytjie hou kan he met de klerk.

JohanR ·

Rerig…..jammer die man is dood maar om vier dae te rou!! Dink die honderde, dusisende en miljoene wat nou sonder die nodigste sit, en dan nog opgesluit is gee nie ‘n duit om nie. Net die Kommuniste wat gaan rou. Terwyl julle rou moenie vergeet om julle KGB vergaderings nog te hou waar die land onder lockdown bespreek word nie. As julle kan skryf tog alles op papier neer vir Dlamini-Zuma neer sodat sy nie foute maak waneer sy weer die land spreek nie. Verskoon tog ek moet nou gaan rou……

Snowball ·

Hang sommer permanent die vlag halfmas by polisiestasies; in simpatie met gewone mense wat geliefdes elke dag in SA aan die dood afstaan weens misdaad, hulle moet alleen en sonder trompetgeskal hulle smart dra.

Hector ·

Vlae halfmas by die polisiestasies? Baie sterk simbool net nou 13 polisie beamptes aangekeer is vir korrupsie en diewery. ‘n Beter eerbetoon kon hierdie groot anti-held nie gekry het nie! Wraggies, hierdie Ramasoetra is ‘n president vir ALMAL!

Christa ·

Nou moet ons rou oor n Ou veteran van Anc
Maar ons Boere word Dood gemaak op die Vreeslikste manier en die Ou wetter praat nooit daar oor nie So Keel vol vir die Terroriste ANC

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.